Fo­neC­hoi­ce stuur ta­blet heen en weer

Beeld - - Tot u Diens -

Al­ma Bo­tha het by Fo­nec­hoi­ce ’n blou­tjie ge­loop.

“Ek het in 2013 ’n ta­bletre­ke­naar by Fo­neC­hoi­ce ge­koop. Dit het eg­ter baie pro­ble­me ge­gee en ek het dit vir ’n an­der een om­ge­ruil. Die twee­de ta­blet het goed ge­werk tot aan die ein­de van ver­le­de jaar toe dit ook pro­ble­me ont­wik­kel het.”

Bo­tha het Fo­neC­hoi­ce om hulp ge­vra.

“Die ta­blet is by my af­ge­haal en is ver­skeie ke­re heen en weer ge­stuur om dit her­stel te pro­beer kry. On­ge­luk­kig is die ta­blet nog nie her­stel nie en ek suk­kel ook om te­rug­voe­ring van Fo­neC­hoi­ce te kry.

“Aan­ge­sien ek nou al ge­rui­me tyd nie ge­bruik van die ta­blet het nie, het ek op­ge­hou om die maan­de­lik­se paai­e­ment te be­taal. Nou dreig hul­le my met stap­pe om­dat my re­ke­ning ag­ter­stal­lig is. Hul­le het my ’n an­der ta­blet be­lo­we, maar ek het nog niks ge­kry nie.”

Ons het Fo­neC­hoi­ce ge­vra om Bo­tha te help. Haar ta­blet is ver­vang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.