Ab­sa skuld haar 30% se pun­te

Beeld - - Tot u Diens -

Ri­ta Sny­man het met Ab­sa kop­pe ge­stamp.

“Ek is in­ge­te­ken op Ab­sa se Re­wards-pro­gram. Ek het ge­kies om my pun­te vir in­ko­pie-doel­ein­des te ge­bruik. Daar was ’n spe­si­a­le aan­bod waar­vol­gens ek ’n ek­stra 30% se aan­ko­pe met my pun­te kon maak. Ab­sa het nie my ver­soek uit­ge­voer nie.”

Sny­man het Ab­sa ge­bel om te kla.

“Vol­gens die kon­sul­tant het ek nie lank ge­noeg vir die om­ska­ke­ling van die pun­te ge­wag nie. Om­trent ’n week la­ter het daar eg­ter nog niks ge­beur nie. Ek het ver­skeie ke­re hier­na op­ge­volg son­der om die ek­stra 30% se pun­te te ont­vang. Ná ve­le po­gings is die pro­bleem uit­ein­de­lik aan­ge­spreek, maar dit het weer ge­beur. Ek sien nie kans om weer so te suk­kel nie”

Ons het Ab­sa op Sny­man se klag­te be­dag ge­maak. Die pro­bleem is nou op­ge­los.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.