Pluim­pies

Beeld - - Tot u Diens -

Deon Mor­kel sê die diens van die per­so­neel by Ryo­bi is net die bes­te.

“Ek is baie be­ïn­druk met die diens van Ryo­bi. Ek be­sit ver­skeie Ryo­bi­pro­duk­te. On­langs het my tuin­stof­sui­er pro­ble­me ge­gee. Die sak waar­in ge­mors op­ge­vang word, het heel­te­mal uit­me­kaar ge­skeur. Ek was nog­al te­leur­ge­steld.”

Mor­kel het Ryo­bi ge­kon­tak om te hoor of hul­le hom kan help.

“E­rick Be­zui­den­hout van Ryo­bi het my ’n paar dae ná my na­vraag ge­kon­tak en re­ë­lings ge­tref dat ek ’n nu­we sak kan kry. Hy het die saak op­ge­neem met die win­kel waar ek die ma­sjien ge­koop het en die sak daar aan my be­skik­baar ge­stel.

“Ek sal nie hui­wer om weer Ryo­bi­pro­duk­te aan te skaf nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.