Ma­kro se re­ke­naar gee gou pro­ble­me

Beeld - - Tot u Diens -

An­dré O­li­vier het sy klag­te oor

Ma­kro, Won­der­boom, P­re­to­ria, aan Tot u Diens ge­rig.

“Ek het ’n re­ke­naar by Ma­kro ge­koop. Die sag­te­wa­re op die re­ke­naar moes op­ge­da­teer word. Nie ek of die ver­skaf­fer se ver­teen­woor­di­ger kon dit ge­doen kry nie. Ek is te­rug Ma­kro toe. Hul­le het my re­ke­naar weg­ge­stuur en nou sit ek min­der as se­we dae na­dat ek dit splin­ter­nuut aan­ge­koop het son­der my re­ke­naar.”

Tot u Diens het Ma­kro ge­vra of hul­le O­li­vier kan help. Hul­le het met hom kon­tak ge­maak en aan­ge­bied om sy geld vir die aan­koop van die re­ke­naar te­rug te gee. O­li­vier het hul aan­bod aan­vaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.