Fas­si­ne­ren­de blik op aard van be­wus­syn

Dié boek oor die kon­tem­pla­tie­we neu­ro­we­ten­skap is toe­gank­lik vir so­wel die toe­ge­wy­de we­ten­skap­li­ke as die we­ten­skap­lief­heb­ber, skryf Ka­ren Fitzgerald.

Beeld - - Bouke - Ka­ren Fitzgerald is ’n dok­to­ra­le stu­dent in neu­ro­we­ten­skap aan die U­ni­ver­si­teit van Kaapstad. E­van Thompson CO­LUM­BIA U­NI­VER­SI­TY PRESS eBoek, R332

Dees­dae is dit moei­lik vir die ge­wo­ne ou op straat om te weet wan­neer we­ten­skap be­hoor­lik ge­doen is.

Hoe­wel oor­da­di­ge hoof­op­skrif­te deur pop-joer­na­lis­te steeds ’n kop­seer vir we­ten­skap­li­kes bly, is een van die groot­ste pro­ble­me die we­ten­skap-lief­heb­ber wat nie werk­lik die we­ten­skap­li­ke me­to­de ver­staan of ’n be­leg­ging in kri­tie­se of a­na­li­tie­se den­ke maak nie.

In my vak­ge­bied, neu­ro­we­ten­skap, kry ek by­na daag­liks met hier­die we­ten­skap-lief­heb­ber-fe­no­meen te doen. Sto­ries oor lin­ker­brein/reg­ter­brein word steeds ge­smous, al het tal­le funk­si­o­ne­le s­tu­dies die teen­deel be­wys.

My an­der lief­de, kon­tem­pla­tie­we neu­ro­we­ten­skap – die kom­plek­se in­ter­dis­si­pli­nê­re vak­ge­bied tus­sen bi­o­lo­gie, siel­kun­de, me­di­ta­sie en brein­na­vor­sing – word ook deur vals be­we­rings en oor­da­di­ge ver­gry­pe ge­teis­ter. Kor­po­ra­tie­we smou­se word som­mer lek­ker glib­be­rig, soos “leer mind­ful me­di­ta­sie en be­heer só jou a­mig­da­la”. ’n On­lang­se S­cien­ti­fic A­me­ri­can

ar­ti­kel (“Mind of the Me­di­ta­tor”, No­vem­ber 2014) het juis so ’n kleur­vol in­ge­kleur­de brein wat kwan­suis aan­toon waar me­di­ta­sie in die brein lê. Ai, as brein­funk­sie en struk­tuur maar so lyn­reg was.

Dit is dus be­son­der lek­ker om ’n nu­we boek in die kon­tem­pla­tie­we neu­ro­we­ten­skap­li­ke vak­ge­bied na­der te trek wat toe­gank­lik is vir so­wel die toe­ge­wy­de we­ten­skap­li­ke as die we­ten­skap-lief­heb­ber.

E­van Thompson se Wa­king, Dre­a­ming, Being: Self and Con­s­ci­ous­ness in Neu­ros­cien­ce, Me­di­ta­ti­on and Phi­losop­hy is ’n ryk, po­ë­tie­se krag­toer wat die le­ser tot diep na­den­ke sal bring.

Dit bly ’n kom­plek­se taak om die funk­sie van die brein te ver­staan. Maar Thompson ge­bruik be­wy­se en in­sig­te van­uit neu­ro­we­ten­skap­li­ke na­vor­sing, fi­lo­so­fie, fe­no­me­no­lo­gie, In­die­se fi­lo­so­fie en Ti­be­taan­se Boed­dhis­me om ’n hel­der beeld van die mens­li­ke be­wus­syn te skep.

Dit is ook ’n ver­fris­sen­de en wel­ko­me so­si­o­po­li­tie­ke ver­kla­ring oor hoe om met sub­jek­ti­wi­teit in na­vor­sing om te gaan.

Neu­ro­we­ten­skap­li­kes word tra­di­si­o­neel op­ge­lei om nie die eer­ste­per­soon-per­spek­tief by te re­ken in ’n raam­werk oor mens­li­ke be­wus- syn nie (myns in­siens ’n erns­ti­ge te­kort­ko­ming).

Thompson bou op sy vo­ri­ge fe­no­me­no­lo­gie­se werk, wat hy in sa­me­wer­king met die for­mi­da­be­le Fran­cis­co Varela op­ge­stel het. Daar­vol­gens is sub­jek­ti­wi­teit en die eer­ste­per­soon-be­le­we­nis net so be­lang­rik soos ob­jek­tie­we waar­ne­ming en me­tings. Hy bou ’n brug tus­sen eer­ste­per­soon-be­le­we­nis­se en ob­jek­tie­we der­de­per­soon-waar­ne­mings.

Thompson het die boek ge­skryf om­dat hy oor ’n op­mer­king van die Da­lai La­ma be­gin won­der het: Is sub­tie­le be­wust­heid in­der­daad af­hank­lik van ’n fi­sie­ke lig­gaam?

Hier­mee ta­kel Thompson een van die groot­ste ta­me­le­tjies in die We­ster­se neu­ro­we­ten­skap­li­ke wê­reld en Boed­dhis­me. Ti­be­taan­se Boed­dhis­me be­weer dat re­ïn­kar­na­sie ’n feit is, en dat sub­tie­le be­wust­heid nie ’n fi­sie­ke vorm (soos ’n lig­gaam) be­no­dig nie. We­ten­skap­li­kes ver­werp ge­woon­lik die i­dee dat hier­die sub­tie­le be­wust­heid be­staan, ver­al son­der ’n lig- gaam. Thompson be­vind nie een van hier­die be­na­de­rings aan­vaar­baar nie. Hy streef daar­na om van­uit so­wel die neu­ro­we­ten­skap­li­ke per­spek­tief as Boed­dhis­me ’n nu­we beeld oor die aard van werk­lik­heid en be­wus­syn te vorm.

Die boek is op­ge­deel in hoof­stuk­ke oor ver­skil­len­de toe­stan­de van be­wus­syn, soos wak­ker, dwa­len­de ge­dag­tes, me­di­ta­sie, aan die slaap raak, hel­der dro­me en droom­lo­se slaap, en be­wus­te­loos­heid. In el­ke hoof­stuk word ’n deeg­li­ke be­spre­king van­uit die jong­ste neu­ro­we­ten­skap­li­ke na­vor­sing ge­doen, en aan­ge­vul met s­tu­dies van­uit die Boed­dhis­me.

Hoof­stuk 9 se be­spre­king oor die aard van be­wust­heid wan­neer ons dood­gaan, was my per­soon­li­ke guns­te­ling. Ek het ’n neu­ro­we­ten­skap­li­ke ge­word om­dat ek hier­oor ge­won­der het (ek, en el­ke lie­we mens wat nog ooit be­staan het). Wat word van be­wust­heid as jy dood­gaan? Thompson ver­wys na on­lang­se neu­ro­bi­o­lo­gie­se na­vor­sing wat die pro­ses­se ty­dens so­ge­naam- de by­na-dood­er­va­rings (BDE) on­der­soek. Die ge­voel van bui­te jou eie lig­gaam wees ty­dens ’n BDE kan toe­ge­skryf word aan die in­een­stor­ting van die brein se ver­moë om sen­so­rie­se in­lig­ting in die reg­ter-tem­po­ro­pa­ri­ë­ta­le aan­slui­ting te in­te­greer. Hy ver­ge­lyk dit met na­vor­sing oor lang­ter­myn-me­di­teer­ders wat oe­fen om ’n sui­wer be­wust­heid te kweek ty­dens die dood.

Dis hier­die sui­wer be­wust­heid wat oor­leef ty­dens re­ïn­kar­na­sie. In Boed­dhis­me word slaap, hel­der dro­me en die kweek van ’n sui­wer be­wust­heid as ui­ters be­lang­rik be­skou vir ’n suk­ses­vol­le re­ïn­kar­na­sie.

Uit­ein­de­lik kom hy tot die ge­volg­trek­king dat ’n BDE geen be­wys vir re­ïn­kar­na­sie of sub­tie­le be­wust­heid ná die dood is nie.

Wa­king, Dre­a­ming, Being is ’n be­lang­ri­ke by­drae bin­ne die neu­ro­we­ten­skap­li­ke en kon­tem­pla­tie­we dis­si­pli­nes. –

Gra­fi­ka: IS­TOCK

Die brein is nié soos ’n mag­dom klein drie­di­men­si­o­ne­le rat­jies nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.