Boei­end, maar nié lig nie

Beeld - - Bouke - Ma­rie­tie Louw-Car­stens is ’n joer­na­lis in Beeld se Lim­po­po-bu­ro.

Bloed op haar han­de

Car­la van der S­puy

LA­PA, R185

In­dien jy be­lang stel in boe­ke oor wa­re mis­daad en hou van DStv se Cri­me Chan­nel, is

Bloed op haar han­de ’n moet­lees.

Van der S­puy is vir na­vor­sing na on­der meer die Polls­moor-ge­van­ge­nis in die Wes-Kaap en die vrou­e­ge­van­ge­nis­se in Mid­del­burg, M­pu­ma­lan­ga, en in Johannesburg, waar sy met vrou­e­ge­van­ge­nes wat weens on­der meer moord, win­kel­dief­stal, be­drog en dwelm­mis­bruik tronk­straf uit­dien, on­der­hou­de ge­voer het. Die boek volg op Van der S­puy se Mens of mon­ster:

Die psi­ge van ’n mis­da­di­ger, wat in 2012 ver­skyn het. In dié om­vat­ten­de boek praat sy met kri­mi­no­loë en siel­kun­di­ges oor ver­skil­len­de as­pek­te van mis­daad. In Bloed op haar han­de ver­wys sy ge­reeld na Mens of

mon­ster en dit kan hin­der­lik wees vir le­sers wat nie die eer­ste boek ge­lees het nie.

“Daar is al­tyd ’n sto­rie ag­ter die sto­rie. Men­se oor­deel graag, maar wat weet hul­le van mis­da­di­gers se le­wens? Dis hoe­kom ek die boek skryf. Ek wil weet hoe­kom vroue in ge­van­ge­nis­se be­land,” skryf Van der S­puy.

S­kuil­na­me word ge­bruik vir die mees­te van die vroue, van wie som­mi­ge tronk­straf uit­dien en an­der op pa­rool is. Die vroue ver­tel van die le­we ag­ter tra­lies – waar les­bie­se ver­hou­dings en ge­veg­te in oor­vol tronk­sel­le deel is van hul daag­lik­se be­staan – en hoe hul­le die mees­te na hul kin­ders ver­lang.

In die eer­ste drie hoof­stuk­ke praat Van der S­puy met vroue van die Kaap­se Vlak­te wat van jongs af aan ge­weld, aan­ran­ding deur hul ge­sin, dwelms en sek­su­e­le mo­les­te­ring bloot­ge­stel is.

Twee van die vroue het mes­moor­de ge­pleeg. Een het haar aan­neem­ma en die an­der haar man dood­ge­steek.

Die 44-ja­ri­ge Saafia Al­berts (skuil­naam) is vals deur haar werk­ge­wer se vrou van ’n ver­hou­ding met hom be­skul­dig. Sy het “net dik ge­raak” en die vrou met ’n mes ge­steek – 36 keer...

Van die in­te­res­sant­ste ver­ha­le is van ’n polisievrou wat haar man dood­ge­skiet het en nou te­o­lo­gie stu­deer so­dat sy ná haar vry­la­ting ’n pas­toor kan wees.

Die ver­al­ge­me­ning dat al die vroue ag­ter tra­lies ver­slons is, word ver­keerd be­wys met be­skry­wings van vroue met “lang, pienk na­els”, “pienk lip­pe” en “sil­wer­blink-en-tur­koois oog­ska­du”.

Die streng tronk­roe­ti­ne waar aand­e­te al 15:30 be­dien word en waar tot 40 vroue ’n sel moet deel, maak ’n mens dank­baar vir jou vry­heid.

Siel­kun­di­ges en kri­mi­no­loë gee aan die ein­de van el­ke hoof­stuk hul pro­fes­si­o­ne­le me­ning oor wat aan­lei­ding kon gee tot elk van die vroue se mis­dry­we.

Bloed op haar han­de is nie lig­te leesstof nie en glad nie vir sen­si­tie­we le­sers nie. –

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.