Oor rug­by ja, maar niks nuuts

Beeld - - Bouke - Gert van der West­hui­zen is ’n vry­skut­re­sen­sent van Jo­han nes­burg.

South Africa’s Rug­by Le­gends: The A­ma­teur Y­e­ars

Chris S­choe­man

ZE­BRA, R230

Nog ’n boek wat nog ’n klomp rug­by­spe­lers tot le­gen­des ver­hef...

Is daar e­nig­iets wat Chris S­choe­man se South Africa’s

Rug­by Le­gends: The A­ma­teur Y­e­ars van tientalle an­der soort­ge­ly­ke en ver­ve­li­ge wer­ke on­der­skei?

Mis­kien die feit dat ’n mens ’n hand­vol seld­sa­me fo­to’s (som­mi­ge uit die skry­wer se argief) te sie­ne kry. Dalk ook die feit dat nie al 50 van S­choe­man se le­gen­des uit die a­ma­teu­re­ra van die S­pring­bok­ke is nie.

G­reen Vi­go, ’n veel­sy­di­ge bruin ag­ter­spe­ler uit die 1970’s, is die uit­son­de­ring. Da­nie Cra­ven, die des­tyd­se rug­by­baas, wou hom glo met al­le mag en me­ning in die S­pring­bok­span hê.

So iets was eg­ter nie moont­lik nie en Vi­go het rug­by­li­ga (be­roeps­rug­by) in En­ge­land gaan speel waar hy hom as ’n groot ster on­der­skei het.

S­choe­man be­gin sy boek deur te ver­dui­de­lik wat hy as ’n le­gen­de be­skou en maak on­der meer die ui­ters aan­veg­ba­re stel­ling dat ’n “groot per­sen­ta­sie” van van­dag se spe­lers nie in die a­ma­teu­re­ra die mas sou op­kom nie om­dat hul­le bloot nie die vaar­dig­he­de van ver­vloë dae het nie.

Hy skryf ook dat die kies van le­gen­des al­tyd tot de­bat­te sal lei om­dat geen twee men­se saam­stem oor wie nou eint­lik die bes­te spe­lers was nie.

Hy kies sy le­gen­des uit vyf e­ras van die a­ma­teur­dae wat in 1896 be­gin en in 1989 ein­dig.

Hoe­wel die a­ma­teu­re­ra streng ge­spro­ke tot ná die Wê­reld­be­ker-eind­stryd van 1995 ge­duur het, is spe­lers soos on­der meer Fran­cois Pie­naar, C­hes­ter Wil­li­ams en Joost van der West­hui­zen nie op S­choe­man se lys nie.

Ook An­dré Jou­bert, wat in 1989 die Groen en Goud die eer­ste keer ge­dra het, kry nie ’n plek on­der die le­gen­des nie.

Barry He­at­lie is eer­ste op die lys en Uli S­chmidt die laas­te.

Tus­sen­deur kry ’n mens, om ’n an­gli­sis­tie­se cli­ché te ge­bruik, al die ge­wo­ne ver­dag­tes: Ben­nie O­sler, Boy Louw, Da­nie Cra­ven, Hansie B­re­wis, F­rik du P­reez, Jan Ellis, Mor­né du P­les­sis, Naas Bo­tha...

In­der­daad al­mal groot spe­lers. Be­ne­wens fo­to’s van hul­le, is daar by elk­een ’n kort be­skry­wing wat jou ver­tel van hul rug­by­vaar­dig­he­de. Baie min is te lees oor die mens ag­ter die le­gen­de.

South Africa’s Rug­by Le­gends is ’n boek wat vin­nig lees en ’n mens groot­liks on­ver­vuld laat. Dalk is dit ge­mik op men­se wat nie te veel van die ver­le­de van (wit) Suid-A­fri­kaan­se rug­by weet nie.

Dié wat dit wel ken, sal on­danks ’n in­druk­wek­ken­de bron­ne­lys ab­so­luut niks nuuts te we­te kom nie. –

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.