Af­fie in top­pa­neel

Beeld - - Sport - Han­nes Nie­na­ber

Mag­gie du P­les­sis van die A­fri­kaan­se Ho­ër Mei­sie­skool in P­re­to­ria is een van die in­vloed­ryk­ste vroue in net­bal. En dié sta­tus is nie net be­perk tot sko­le­net­bal of net­bal in Suid-A­fri­ka nie.

Du P­les­sis is een van vyf wat in die aan­stel­ling­spa­neel van die on­lang­se Wê­reld­be­ker-toer­nooi in Aus­tra­lië ge­dien het. Dié pa­neel het die skeids­reg­ters in die toer­nooi ge­gra­deer en ook die aan­stel­lings han­teer. Die an­der vier is Mau­r­een Boy­le (Aus­tra­lië), E­vet­te P­rin­ze (Ja­mai­ka), Da­vid Pa­lo­mo (Nieu-See­land) en Mar­ga­ret De­a­con (En­ge­land).

Du P­les­sis is g’n groen­tjie op in­ter­na­si­o­na­le vlak nie. Sy was die eer­ste s­keids­reg­ter van A­fri­ka wat ooit die fluit­jie in ’n Wê­reld­be­ker-toer­nooi ge­blaas het. Haar eer­ste toer­nooi was in 1999 in Chris­t­church, Nieu-See­land. Van­jaar het twee Suid-A­fri­ka­ners, Ma­rie­louw van der Mer­we en T­he­re­sa P­rin­ce, wed­stry­de in die toer­nooi han­teer.

“Die hoog­te­punt in die toer­nooi is vir my om die bes­te spe­lers in die wê­reld in ak­sie te sien,” het Du P­les­sis ge­sê.

Sy is trots op die ou­dAf­fie I­zet­te Lub­be wat die Pro­te­as in die toer­nooi ver­teen­woor­dig het. Lub­be was lid van Af­fies se span wat in 2009 die na­si­o­na­le ti­tel ver­o­wer het.

Du P­les­sis is een van net 12 men­se ter wê­reld en die e­nig­ste van A­fri­ka wat skeids­reg­ters e­va­lu­eer vir ho­ër lou­e­re. “Twee van ons moet by ’n wed­stryd wees om die skeids­reg­ters te e­va­lu­eer.”

In­te­res­sant is dat die af­rig­ters van span­ne ná wed­stry­de in die Wê­reld­be­ker-toer­nooi die ge- leent­heid kry om met die skeids­reg­ters te ge­sels. “Een van ons moet al­tyd by wees in die ge­sprek en dit is nie om be­slis­sings te be­vraag­te­ken nie, maar lie­wer om die in­ter­pre­ta­sies van die re­ëls be­ter te ver­staan,” het Du P­les­sis ge­sê.

Sy het in 2000 as di­rek­teur van net­bal by Af­fies be­gin. Voor dit het sy 22 jaar skool­ge­hou by die La­er­skool Voor­pos in P­re­to­ria.

Du P­les­sis is in die Vry­staat­se dor­pie Lind­ley ge­bo­re en het in Kroonstad groot­ge­word.

Haar ma, Mie­mie He­as­man, was ’n stig­ters­lid van Noor­dVry­staat Net­bal en was lank pre­si­dent van dié ver­e­ni­ging. Haar ma se sus­ter, Pe­tro R­hee­der, het vir die S­pring­bok­ke se B-span ge­speel, ter­wyl Du P­les- sis se sus­ter E­li­ze S­chultz tot vier jaar ge­le­de nog pre­si­dent van die Noord-Vry­staat­se net­bal­ver­e­ni­ging was. S­chultz was ook lid van die Kay Mey­er-toer­span.

Net­bal vloei dus sterk in Du P­les­sis se are.

Sy het in 1973 vir Noor­dTrans­vaal be­gin speel en in 1981 S­pring­bok­kleu­re ver­werf. In 1976 en 1978 het sy die Staats­pre­si­dent-toe­ken­ning vir die bes­te spe­ler in Suid-A­fri­ka ont­vang.

Sy het as s­keids­reg­ter meer as 90 toets­wed­stry­de han­teer. Die eind­stryd van die S­ta­te­bond­spe­le tus­sen Aus­tra­lië en Nieu-See­land in 2002 in Man­ches­ter, En­ge­land, is ge­wis een van haar hoog­te­pun­te met die fluit­jie in die hand.

Fo­to: HAN­NES NIE­NA­BER

Mag­gie du P­les­sis, di­rek­teur van net­bal aan die A­fri­kaan­se Ho­ër Mei­sie­skool in P­re­to­ria, is een van die in­vloed­ryk­ste net­bal­per­soon­lik­he­de ter wê­reld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.