Ou­pa moet sy C­hee­tah­kol­le te­rug­wen

Beeld - - Sport - Jó­hann T­hor­m­ählen

Bloem­fon­tein. – Hy het in sy speel­dae self op die laas­te nip­per­tjie ’ n Wê­reld­be­ker-plek mis­ge­loop en weet pre­sies hoe Ou­pa Mo­ho­je nou voel, sê die Vry­staat-af­rig­ter, Fran­co S­mith.

Maar Mo­ho­je se ver­lies is S­mith-hul­le se wins, en die brei­er maak geen ge­heim van sy blyd­skap om die S­pring­bok-los­voor­spe­ler te­rug te hê vir Cur­rie­be­ker-diens nie.

Mo­ho­je en die vleu­el Cor­nal Hen­dricks is van die ongelukkige Bok­ke wat nie Vry­dag Suid-A­fri­ka se Wê­reld­be­ker-groep ge­haal het nie en sal hul­le nou weer by die C­hee­tahs aan­meld.

Al gaan Hen­dricks aan die ein­de van die jaar We­s­te­li­ke Pro­vin­sie toe, is hy nog tot ein­de Ok­to­ber ’n Bloem­fon­tei­ner.

Of S­mith eg­ter vir Hen­dricks­hul­le in sy 22-tal vir Vry­dag se Cur­rie­be­ker-wed­stryd, teen die Blou Bul­le in P­re­to­ria, gaan plek hê, is ’n an­der vraag.

Sy jong span is im­mers be­sig om sy voe­te te vind. Die Vry­sta­ters het na ’n goeie en ge­ves­tig­de een­heid ge­lyk in die se­ge met 2821 teen die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie.

Met die voor­ma­li­ge Jong Bok­kies Ray­mond R­hu­le en Ser­ge­al Pe­ter­sen goed op dreef, ver­skaf Hen­dricks in dié s­ta­di­um diep­te, maar hy be­hoort eers te speel wan­neer daar be­se­rings is.

S­mith sal Mo­ho­je ook nie oor­haas­tig in­span nie.

“Ou­pa het reeds Vry­dag hier aan­ge­kom om sy Cur­rie­be­ker-kle­re te kom af­haal en was hy deel van die kap­teins­oe­fe­ning. Hy het rond­ge­staan en so gou moont­lik pro­beer be­trok­ke raak.

“Ek is werk­lik trots op hom. Hy is ie­mand wat kan in­kom en reg­tig ’n by­drae kan le­wer,” het S­mith ge­sê.

“Die Bok­ke se ver­lies is be­slis nou ons wins.”

Vol­gens S­mith sal dit eg­ter ’n tyd­jie neem vir Mo­ho­je om in te ska­kel. Hy was lank by die Bok­ke en daar het in­tus­sen baie ver­an­der on­der S­mith en sy nu­we af­rig­ting­span.

Boon­op speel Vry­staat-los­voor­spe­lers soos Ger­hard O­li­vier, wat teen die WP sy bes­te ver­to­ning op se­ni­or vlak ge­le­wer het, puik rug- by.

“Hy (O­li­vier) was uit­staan­de en in tra­ne na die wed­stryd. Tra­ne van trots en pas­sie. Hy het al­les ge­gee,” het S­mith ná die WP-stryd ge­sê.

Hoe­wel S­mith nie daar­van hou om spe­lers uit te son­der nie, het hy in ’n vraag oor O­li­vier net lof ge­had.

“As ek te­rug­kyk oor die laas­te jaar, is hy ’n voor­beeld van ie­mand wat met ras­se skre­de ge­groei het. Hy het nou wat dit verg om deur en deur ’n Vry­staat-spe­ler te wees.”

Fo­to: CONRAD BORNMAN

Ou­pa Mo­ho­je is te­rug by die C­hee­tahs ná hy nie in die Bok­span in­ge­sluit is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.