Ca­tra­ki­lis op dun ys by WP

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

Kaapstad. – Son­der De­me­tri Ca­tra­ki­lis op los­ska­kel sou die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie waar­skyn­lik nie in 2012 en ver­le­de jaar die Cur­rie­be­ker ge­wen het nie, wat dit moei­lik sal maak om hom te pos.

Nie­te­min lyk hy toe­ne­mend soos gis­ter se op­los­sing vir van­dag se pro­ble­me en kan die S­treep­truie se brei­er, John Dob­son, dalk ’n ver­an­de­ring op los­ska­kel oor­weeg vir Sa­ter­dag se Cur­rie­be­ker-rug­by­wed­stryd teen G­rie­kwas op Nu­we­land.

Ca­tra­ki­lis se brou­werk vroeg in Vry­dag se ne­der­laag van 21-28 teen die Vry­staat-C­hee­tahs in Bloem­fon­tein het ’n be­dui­den­de rol in die WP se on­der­gang ge­speel.

Jy pos nie ie­mand op grond van een wed­stryd nie, maar dan weer was hy nie in die voor­af­gaan­de drie juis goed nie.

Daar was ’n groot ver­be­te­ring toe Kurt Co­le­man vir Ca­tra­ki­lis in die twee­de helf­te ver­vang het, ver­al be­tref­fen­de die WP se ver­moë om wy­er aan te val.

Dit kan óók ’n ge­leë tyd wees om Ro­bert du P­reez of Je­an-Luc du P­les­sis van die plaas­ver­van­gers­bank af as los­ska­kel in te span.

Met sul­ke ver­an­de­rin­ge gee jy na­tuur­lik Ca­tra­ki­lis se be­sten­di­ge stel­skop­werk prys, maar ’n los­ska­kel moet méér as net dít kan doen. Ca­tra­ki­lis kán, maar wil hy? Hy het reeds ’n kon­trak met die Fran­se klub­span Mont­pel­lier ge­sluit en dit lyk nie of sy kop by die WP is nie.

El­ders be­hoort die los­kop­stut S­te­ven Kits­hoff van­dees­week be­skik­baar te wees. Hy was die voor­ste spe­ler in sy po­si­sie in die Su­per-reeks en baie on­ge­luk­kig om die af­ge­lo­pe paar maan­de nie toets­rug­by te speel nie.

Kits­hoff is óók ná die Cur­rie­be­ker-reeks op pad Frank­ryk toe – na Bor­deaux-Beg­les – maar ho­pe­lik kan hy voor dán vir ou­laas ’n paar vas­kop­stut­te ver­niel. Hy sal nie wed­stryd­fiks wees nie, maar Dob­son kan hom min­stens as plaas­ver­van­ger oor­weeg.

Aan­ge­sien die WP nou op die ag­ter­voet is, kan die be­lang­rik­heid van ’n se­ge oor G­rie­kwas nie oor­be­klem­toon word nie.

Die WP se brei­ers­korps durf nie die fout te be­gaan om hier­die wed­stryd as ’n ge­leent­heid vir proef- ne­mings te be­skou nie. Dob­son móét sy sterk­ste span kies, maar ter­self­der­tyd nie skroom om dap­per be­slui­te te neem nie.

Wat ook die af­ge­lo­pe twee we­ke dui­de­lik was, is dat die WP sy be­seer­de kap­tein en voor­ste bui­te­sen­ter, Ju­an de Jongh, baie mis. De Jongh is be­kend vir sy vin­ni­ge voet­werk, maar sy groot­ste by­drae was moont­lik sy or­ga­ni­se­ring van die WP se ver­de­di­ging.

In ge­val­le soos dié is er­va­ring baie be­lang­rik. As Ja­no Ver­maak steeds nie be­skik­baar is nie, kan Dob­son ge­rus vir Lou­is S­chreu­der op skrum­ska­kel oor­weeg.

Sy groot rol in die ne­der­laag teen die B­li­ko­re was self­ver­se­kerd en hy het kalm­te ge­bring.

Soos in el­ke vo­ri­ge wed­stryd het dit Vry­dag weer ge­lyk as­of die WP des­pe­raat ’n bal­jag­terflank kort.

Dob­son kan Chris Cloe­te vir dié rol oor­weeg.

Tus­sen­deur die kri­sis­be­stuur sal Dob­son sy spe­lers ook op ’n siel­kun­di­ge plek móét kry waar hul­le kalm kan bly op die veld.

As hul­le nie be­sit kan be­skerm en ris­kan­te aan­geë ver­my nie, sal om­keer­be­sit wéér hul dood­steek wees.

Fo­to: JO­HAN P­RE­TO­RI­US | GALLO I­MA­GES

Die C­hee­tahs se sen­ter Fran­cois Ven­ter op pad om De­me­tri Ca­tra­ki­lis, los­ska­kel van die WP, om te dop in Sa­ter­dag se Cur­rie­be­ker­wed­stryd in Bloem­fon­tein. Die Vry­sta­ters het met 28­21 ge­wen en die WP se hoof­py­ne ver­er­ger.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.