Nou vir Groot Ap­pel

Beeld - - Sport - – atp­wor­ld­tour.com

Win­ston-Sa­lem (Noor­dCa­ro­li­na). – Dit was dalk net die doe­pa wat Kevin An­der­son, Suid-A­fri­ka se bes­te man­sten­nis­spe­ler, no­dig ge­had het vir die A­me­ri­kaan­se Ope wat van­dag op Flus­hing Me­adows in New York be­gin.

An­der­son, wat twee­de ge­keur was, het die Frans­man Pier­reHu­gues Her­bert, wat voor­af moes kwa­li­fi­seer, Sa­ter­dag­aand met 6-4, 7-5 in die eind­stryd van die Win­ston-Sa­lem Ope ge­klop.

Dit was An­der­son se der­de ATP-ti­tel van sy loop­baan en sy eer­ste van­jaar na­dat hy vroe­ër in die eind­stry­de van toer­nooie in Memphis en Londen (Qu­een’s) ver­loor het.

An­der­son het sy bes­te spel­peil her­win, 250 ATP-rang­lys­pun­te ver­dien en sy beur­sie met $83,000 (meer as R1.1 m) laat bult.

“Ek was al in ’n he­le paar eind­stry­de be­trok­ke waar­in ek te­kort­ge­skiet het, wat al­tyd straf is. El­ke eind­stryd is ver­skil­lend, maar om die een of an­der re­de het din­ge nie vir my uit­ge­werk nie. Ie­mand moet wen en ie­mand moet ver­loor.

“Dalk was daar ’n bie­tjie ek­stra druk om­dat ek die guns­te­ling in die eind­stryd was,” het An­der­son ge­sê.

An­der­son het die eer­ste stel ge­wen son­der om sy af­slaan af te staan.

Die twee­de stel het re­de­lik ge­lyk­op ver­loop, hoe­wel An­der­son in die der­de pot (1-2) diep moes delf toe hy op sy af­slaan ag­ter (0-40) was. Hy het her­stel en steeds die pot be­klink.

An­der­son, wat 15de ge­keur is, kom van­dag in die eer­ste ron­de van die A­me­ri­kaan­se Ope teen die 17-ja­ri­ge Rus Andrey Ru­blev te staan.

Hy be­hoort dié jon­ge­ling mak­lik te klop, as­ook sy vol­gen­de teen­stan­der, die wen­ner van die krag­me­ting tus­sen Aus­tin Kra­ji­cek (VSA) en San­ti­a­go Gi­ral­do (Co­lom­bia).

No­vak D­jo­ko­vic (eer­ste ge­keur) be­gin sy aan­slag teen die on­ge­keur­de Bra­si­li­aan Jo­ao Sou­za. On­der die an­der top-ge­keur­de mans­spe­lers wat in ak­sie is, tel die vier­de ge­keur­de Ja­pan­ner Kei Nis­hi­ko­ri, wat teen Be­noit Pal­roi van Frank­ryk te staan kom en die ag­ste ge­keur­de, Ra­fa­el Na­dal van S­pan­je, wat krag­te meet met Bor­na Co­ric van Kro­a­sië.

In die vroue-af­de­ling speel die eer­ste ge­keur­de, Se­re­na Wil­li­ams van die VSA, teen die on­ge­keur­de Rus Vi­ta­li­oa Di­a­t­chen­mo.

Die Rus Ma­ria S­ha­ra­po­va (der­de ge­keur) kom teen Da­ria Ga­vri­lo­va van Aus­tra­lië te staan.

Fo­to’s: JA­RED C. TIL­TON | GETTY I­MA­GES

Het hom! Kevin An­der­son gooi sy han­de in die lug na­dat hy die Frans­man Pier­re­Hu­gues Her­bert in die eind­stryd van die Win­ston­Sa­lem Ope in skoon stel­le ver­slaan het.

An­der­son met sy tro­fee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.