Nol­lis wil Bul­le op sit­vlak skop, on­danks hul se­ge

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

Die laas­te 15 mi­nu­te voor rus­tyd was wel­ge­daan, maar die res van die wed­stryd ’n te­leur­stel­ling.

Nol­lis Ma­rais, die Bul­le se hoof­af­rig­ter, het sy span se ver­to­ning in die Cur­rie­be­ker-se­ge van 46-32 oor G­rie­kwas in Kim­ber­ley só op­ge­som.

“Ons is ge­luk­kig met die vyf pun­te in Kim­ber­ley, want ons het ge­weet dit sal nie mak­lik wees hier teen G­rie­kwas nie.

“Die 31 pun­te wat ons (voor rus­tyd) aan­ge­te­ken het toe ons met 0-11 ag­ter was, was baie goed. Ons het toe on­ver­klaar­baar op­hou speel en die ver­to­ning was in die ge­heel nie goed ge­noeg nie.”

Ma­rais meen die wed­stryd was, on­danks die uit­slag, ’n wek­roep vir die Bul­le.

“Ons het dalk ’n skop op die reg­te plek no­dig voor­dat ons teen die C­hee­tahs te staan kom,” het hy ge- sê.

Wan­neer jy ’ n af­dag het en steeds oor­tui­gend wen, is dit ’n goeie te­ken.

Die Bul­le se uit­son­der­li­ke aan­val­len­de spel kort voor rus­tyd – toe die vleu­els, Tra­vis Is­mai­el en Jam­ba U­len­go, gaan druk het en die bui­te­sen­ter D­ries S­wa­ne­poel twee keer – was nog­maals in­druk­wek­kend.

“Dit was as­of die spe­lers ge­wag het vir in­di­vi­du­e­le bril­jant­heid, pleks van ’n span­po­ging.

“Ons het ver­keer­de be­slui­te ge­neem en het te veel fou­te be­gaan.”

Die Lig­blou­es is tot dus­ver in die reeks soos ’n nuk­ke­ri­ge die­sel­en­jin wat suk­kel om aan die gang te kom, maar la­ter on­stuit­baar is.

Ma­rais maan dit kan die Bul­le vo­ren­toe duur te staan kom.

“Ons moet meer ak­ku­raat wees aan die be­gin. Die eer­ste 20 mi­nu­te van die eer­ste helf­te en die eer­ste 10 mi­nu­te van die twee­de helf- te (toe Ca­rel G­reeff en AJ le Roux vir G­rie­kwas gaan druk het), is iets wat ons moet uit­sor­teer.

“Ek was be­ïn­druk met die ou­ens se pas­sie toe ons met 0-11 ag­ter was.

“Ons het teen ’n vin­ni­ge pas ge­speel en het klok­slag gaan af­rond.”

Die Bul­le se vas­te fa­set­te is ’n an­der be­kom­mer­nis vir Ma­rais.

“Ons sal har­der moet werk aan die skrums. Ons is met tye ver- keer­de­lik ge­straf, maar ons sal daar­na moet kyk.

“Daar het te veel lyn­sta­ne ver­lo­re ge­gaan. Dit is ’n af­de­ling waar­in ons ge­woon­lik goed is en ons sal dit moet reg­stel die week.”

Daar is ’n paar moei­li­ke be­slui­te wat by Lof­tus wag.

Mar­cel van der Mer­we en Jan Ser­fon­tein is ná hul­le nie die S­pring­bok­ke se Wê­reld­be­ker­groep ge­haal het nie, nou vir die Bul­le be­skik­baar.

Bur­ger O­den­daal en D­ries S­wa­ne­poel is goed op dreef in die mid­del­veld en Ser­fon­tein sal sy sto­rie moet ken vir ’n plek in die be­gin­span.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.