A­man­zi uit wa­ter­gat ge­red

O­li­fant­ken­ner kon sien hy’t ge­spar­tel

Beeld - - NUUS - E­li­se Tem­pel­hoff

A­man­zi, ’n o­li­fant­bul­le­tjie van die Kru­ger­wild­tuin, is Dins­dag­og­gend voor sons­op­koms uit ’n gat af­val­wa­ter by die Pa­la­bo­ra-ko­per­myn ge­red waar­in hy in die nag ge­val het.

Dr. Mi­chel­le Hen­ley, e­ko­loog van E­lep­hants A­li­ve, sê sy het die og­gend ’n nood­op­roep van per­so­neel­le­de van die myn ge­kry dat hul­le ’n o­li­fant­jie uit die myn se wa­ter­gat ge­haal het.

“Hul­le het nie ge­weet wat om met die ar­me, ge­trau­ma­ti­seer­de dier­tjie te doen nie,” het Hen­ley gis­ter ge­sê. Sy en haar span het daar­heen ge­jaag en A­man­zi ag­ter­op hul bak­kie ge­laai.

Sy meen die bul­le­tjie is nie meer as ’n paar dae oud nie.

“Dit is die klein­ste o­li­fant­kal­fie waar­mee ek nog te doen ge­had het. Die kus­sin­kies on­der sy poot­jies is nog sag, sy oor­tjies is nog pienk en sy ly­fie oor­trek van die haar­tjies.”

Sy kon sien hy het ge­spar­tel om uit die wa­ter­gat te kom en dat die res van die trop hom pro­beer help het. Daar is skaaf­mer­ke bo­kant sy o­gies en baie mod­der­spo­re by die gat.

Hen­ley meen die trop het moed op­ge­gee en ge­loop toe men­se om­streeks 05:00 vir werk op­daag.

Jo­hann M­cDo­nald, wil­dop­sig­ter by die myn, en Hen­ley en haar span het die o­li­fant­jie pro­beer plaas by twee trop­pe wat in die om­ge­wing was, maar hul po­gings het mis­luk.

“O­li­fan­te vorm ’n ge­wel­di­ge sterk band met hul trop. Ek kan net dink hoe ge­trau­ma­ti­seer die dier­tjie en die res van die fa­mi­lie oor dié voor­val is. Hy het aan­vank­lik ver­skrik­lik ge­huil en na sy ma ge­roep,” het Hen­ley ge­sê.

Sy het A­man­zi ’n bot­tel met ’n e­ner­gie­dran­kie ge­gee.

Hy het die bot­tel gul­sig ge­gryp en ná ’n paar mi­nu­te op die grond neer­ge­val en ge­slaap.

Hul­le is nou op soek na die reg­te melk­for­mu­le vir hom.

Hy het ook di­ar­ree. “Ons hoop hy oor­leef.”

Ka­ren S­wie­gers van die Hoed­spruit Sen­trum vir Be­dreig­de Spe­sies waar A­man­zi nou ver­sorg word, het ge­sê hy is nou rus­tig en hul­le waak dag en nag by hom.

Fo­to: MI­KE KEN­DRICK

A­man­zi by dr. Mi­chel­le Hen­ley van E­lep­hants A­li­ve.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.