Ker­ke vat oud­troe­pe na So­we­to

‘Die Diens­plig­ge­ne­ra­sie en die 16 Ju­nie­-ge­ne­ra­sie moet ver­soen’

Beeld - - Front Page - Pie­ter S­teyn

D­rie van die ver­naam­ste A­fri­kaan­se ker­ke het ’n groot­skaal­se ver­soe­nings­veld­tog be­gin en vra wit men­se – ver­al ve­te­ra­ne van die ou Suid-A­fri­kaan­se Weer­mag – om op 11 Ju­nie die Or­lan­do-sta­di­on in So­we­to vol te pak.

Die ge­dag­te het ont­staan toe dr. Pie­ter Be­zui­den­hout, weer­mag­ka­pe­laan in Bloem­fon­tein, ag­ter­ge­kom het hoe “diep en seer” die ge­beu­re van die G­rens­oor­log in oud- en hui­di­ge sol­da­te lê.

In ’n ge­sprek tus­sen Be­zui­den­hout en eerw. Frank C­hi­ka­ne het die i­dee ont­staan om die “16 Ju­nie-ge­ne­ra­sie” en die “Diens­plig-ge­ne­ra­sie” by­me­kaar te bring en ’n pro­ses van “ver­soe­ning en he­ling” te be­gin, lui ’n me­mo­ran­dum wat die NG Kerk, die Ne­der­duitsch Her­vorm­de Kerk in A­fri­ka (NHKA) en die A­pos­to­lie­se Ge­loof­sen­ding (AGS) aan hul lid­ma­te ge­stuur het.

Die te­ma van die veld­tog, wat van 11 Ju­nie tot 16 De­sem­ber strek, is “Sing ’n nu­we (SuidA­fri­ka-) lied!” Dit is na aan­lei­ding van Psalm 98.

Die ker­ke hoop ver­al “A­fri­kaan­se wit men­se” sal ’n be­son- de­re rol in die veld­tog speel.

Die veld­tog be­gin Sa­ter­dag 11 Ju­nie met ’n saam­trek in die Or­lan­do-sta­di­on in So­we­to.

“Son­der (A­fri­kaan­se) wit men­se is die dag sin­loos en ’n sub­stan­si­ë­le ver­teen­woor­di­ging van wit men­se is dus no­dig,” lui die me­mo­ran­dum, wat deur on­der an­de­re dr. Ko­bus Ger­ber, voor­ma­li­ge al­ge­me­ne se­kre­ta­ris van die NG Kerk, en oud­kol. Jan Ma­lan, na­mens die mi­li­tê­re ve­te­ra­ne, op­ge­stel is.

“Er­va­ring die af­ge­lo­pe 22 jaar het ge­leer dat (A­fri­kaan­se) wit men­se nie som­mer fees­dae by­woon nie en daar moet doel­ge­rig be­plan word.” Daar word be­plan om wit men­se by te staan met ver­voer so­dat so­veel moont­lik die saam­trek in So­we­to by­woon.

“As die Bul­le se rug­by­wed­stryd in So­we­to so ’n groot ge- tui­e­nis kon le­wer, hoe­veel te meer nie die saam­trek van wit en swart voor die aan­ge­sig van die He­re nie!”

Om­dat po­li­tie­ke par­tye waar­skyn­lik op 16 Ju­nie die 40ste her­den­king van die op­stan­de in 1976 sal hou, het die ker­ke be­sluit op 11 Ju­nie as da­tum.

’n In­ter­kerk­li­ke vroeg­og­gend­diens sal wel op 16 Ju­nie by die Hec­tor Pie­ter­son-ge­denk­te­ken ge­hou word.

By dié ge­leent­heid sal “nu­we toe­wy­ding voor God” ge­bring word en er­ken­ning van pyn, wan­troue en ge­bro­ken­heid sal ge­doen word. “Die A­fri­kaan­se ker­ke se lei­ers moet hier ’n be­son­de­re sim­bo­lie­se rol speel.”

Ker­ke moe­nie die ver­soe­nings­pro­ses oor­laat aan po­li­tie­ke par­tye wat dit vir eie ge­win pro­beer kaap nie, lui die me­mo­ran­dum.

Ge­meen­tes wat deel­neem aan die veld­tog, word ook ver­soek om aan ’n “pel­grims­reis van ge­bed” deel te neem en 40 dae van ge­bed te re­ël wat van 7 Mei tot 15 Ju­nie strek.

“Van die rol­spe­lers be­plan ’n reeks ak­ti­wi­tei­te vir die jeug wat ge­beur op pad na en voort­vloei uit die sta­di­on-ge­leent­heid, on­der meer om So­we­to-sko­le op te knap,” lui die me­mo­ran­dum.

In­dien die Bul­le se rug­by­wed­stryd in So­we­to so ’n groot ge­tui­e­nis kon le­wer, hoe­veel te meer nie dié saam­trek nie!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.