S­taal­pen deur­boor Puk­stu­dent

Puk­at­leet voel nie da­de­lik pyn, lag eers

Beeld - - Front Page - Su­san Cil­liers

Pot­chef­stroom. – ’n At­leet van die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit het Sa­ter­dag­mid­dag net ’n “druk­king” ge­voel toe ’n s­taal­pen haar been deur­boor.

“Ek het geen pyn ge­voel nie en eers ge­lag toe ek val.

“Toe ek af­kyk en die pen deur my been sien, het ek ge­skree,” het Lie­be­net­te Lie­ben­berg (18) gis­ter ver­tel.

Met ’n ver­band om haar reg­ter­on­der­been en hin­ke­pink op kruk­ke het dié rooi­kop self vir Beeld gaan wys waar Sa­ter­dag­mid­dag­pret by hul stu­den­te­huis in P­re­si­dent­straat skeef­ge­loop het.

Lie­ben­berg, ’n eer­ste­jaar­on­der­wys­stu­dent, en ’n huis­maat wou vroeg­mid­dag blare in hul tuin hark, maar het nie ’n hark ge­had nie.

“Ek het ’n Re­max-ei­en­doms­bord­jie wat bui­te die erf ge­lê het, ge­vat en blare daar­mee ge­skep. Ek het vin­nig heen en weer ge­loop ter­wyl ek blare ge­skep en dit op die hoop gaan gooi het. Een van die bord se staal­pen­ne het in die grond ge­steek. Ek het vorentoe ge­val en toe steek die s­taal­pen wat aan die on­der­kant van die bord uit­steek deur my been.”

Ly­cia Hol­lis, een van Lie­ben­berg se huis­maats, ver­tel haar oë was groot van skok. “Ons het vir haar sui­ker­wa­ter ge­bring en die am­bu­lans ge­bel.”

Lie­ben­berg sê sy was toe al rus­ti­ger en het geen pyn ge­had nie, maar sy was wel “be­neuk” om­dat hul­le ’n half­uur lank op die staatsam­bu­lans ge­wag het.

“Toe hul­le daar kom, sê die pa­ra­me­di­ci hul­le weet nie wat om te doen nie.”

Die huis­ei­e­naar het Mooi­ri­vier Be­sker­ming, ’n pri­va­te vei­lig­heids­maat­skap­py, ge­bel en hulp ge­vra. Die maat­skap­py het ER24 en die brand­weer na die huis ge­stuur.

Brand­weer­be­amp­tes het die Re­max-bord van die s­taal­pen los­ge­sny ter­wyl pa­ra­me­di­ci Lie­ben­berg ge­sta­bi­li­seer en met mor­fien ver­doof het.

Sy is toe na die Pot­chef­stroom­se pro­vin­si­a­le hos­pi­taal ge­neem.

Daar het x-straal­fo­to’s ge­wys die pen is deur een van Lie­ben­berg se voor­ste been­spie­re, maar het haar kuit­been met 5 mm ge­mis.

Die pen is ook tus­sen twee kuit­spie­re deur.

“Ek is baie dank­baar die He­re het my be­skerm. Dit kon die been ge­tref het of selfs deur my maag of hart ge­steek het,” sê Lie­ben­berg.

’n C­hi­rurg het die pen uit Lie­ben­berg se been ge­trek na­dat sy ver­doof is. Sy is reeds Sa­ter­dag­aand ont­slaan.

Lie­ben­berg ge­bruik an­ti­bi­o­ti­ka en ’n mid­del teen die pyn, wat nou baie erg is. Sy moet die gat in haar been el­ke dag met sout­wa­ter skoon spuit.

Dié ver­sprin­g­at­leet en net­bal­spe­ler moet ook vir fi­si­o­te­ra­pie gaan en sal nog ’n paar we­ke op kruk­ke wees.

Haar ou­ers, Tom­mie en Da­leen, en broer, An­dries (16), woon in P­re­to­ria en het groot ge­skrik toe sy hul­le bel net na­dat die s­taal­pen haar deur­boor het.

“My vrien­de en huis­maats was won­der­lik, hul­le het my nie een oom­blik al­leen ge­los nie. Ek is ge­se­ënd met sul­ke goeie men­se in my le­we.”

Lie­ben­berg bê­re die s­taal­pen nou as aan­den­king en noem dit An­net­te – na die ei­en­doms­a­gent wie se fo­to ver­skyn op die bord­jie waar­van die pen haar been deur­boor het.

Fo­to: SU­SAN CIL­LIERS

Lie­be­net­te Lie­ben­berg gis­ter in Pot­chef­stroom op die plek waar die s­taal­pen Sa­ter­dag deur haar been ge­steek het. Sy hou die s­taal­pen vas wat sy “An­net­te” noem – na die a­gent wie se ge­sig ver­skyn op die bord­jie waar­van die pen haar deur­boor het.

So het dit ge­lyk na­dat die s­taal­pen Lie­be­net­te Lie­ben­berg se been Sa­ter­dag deur­boor het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.