‘Ver­vol­ger moet sê’

Cro­nin wil on­se­ker­heid oor JZ­klag­te nou op­los

Beeld - - Front Page - P­hil­da Es­sop

Kla hom aan of ver­skaf gron­di­ge re­des waar­om kor­rup­sie­klag­te nie weer teen pres. Ja­cob Zu­ma in­ge­stel moet word nie.

Je­re­my Cro­nin, ad­junk­mi­nis­ter van o­pen­ba­re wer­ke en ad­junk­hoof­se­kre­ta­ris van die SAKP, het gis­ter dié bood­skap vir die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG) ge­had.

Die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria het Vry­dag be­slis dat die des­tyd­se be­sluit van Mo­ko­te­di Mps­he, voor­ma­li­ge hoof van die NVG, om Zu­ma nie te ver­volg nie, ter­sy­de ge­stel moet word.

’n Vol­bank reg­ters het be­vind Zu­ma be­hoort te­reg te staan op 783 aan­klag­te van ram­pok­ke­ry, be­drog en kor­rup­sie.

The Mer­cu­ry het eer­gis­ter be­rig Cro­nin het ná af­loop van ’n ge­leent­heid ter vie­ring van Wer­kers­dag in Dur­ban ge­sê die klag­te moet weer teen Zu­ma in­ge­stel word so­dat hy “sy naam kan skoon kry”.

Cro­nin het gis­ter te­le­fo­nies aan Beeld ge­sê hy is ver­keerd aan­ge­haal en het daar­op ge­wys dat die hof Vry­dag nie e­ni­ge be­vin­ding teen Zu­ma ge­maak het nie.

Die hof se be­vin­ding was dat Mps­he ir­ra­si­o­neel op­ge­tree het.

“Die bal is nou in die speel­veld van die NVG. Hy moet óf gron­di­ge re­des ver­skaf oor waar­om klag­te nie teen pres. Zu­ma her­in­ge­stel moet word nie óf hy moet voort­gaan met die klag­te teen hom.”

Vol­gens Cro­nin is Zu­ma, die ANC en die land on­se­ker oor wat nou aan­gaan. Dit moet op­ge­klaar word.

“Geregtigheid wat uitgestel word, is geregtigheid wat ge­wei­er word.

“As daar in ge­heel na die saak ge­kyk word en die ma­nier waar­op dit ge­han­teer is, kom dit neer op ’n ge­val van geregtigheid wat ge­wei­er is.

“Deur ons al­mal een­vou­dig in die mis van on­se­ker­heid te laat, is nie op­bou­end nie. Die NVG moet ra­si­o­na­li­teit aan die dag lê en be­sluit wat ge­doen moet word,” het hy ge­sê.

Reg­ter Chris Ni­chol­son het die klag­te teen Zu­ma in 2008 in die hoog­ge­regs­hof in Pie­ter­ma­ritz­burg uit­ge­gooi, maar dit is in die ap­pèl- hof ter­sy­de ge­stel.

Zu­ma het in die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof teen dié be­sluit ge­ap­pel­leer.

Die vol­gen­de jaar het Mps­he ge­sê band­op­na­mes van te­le­foon­ge­sprek­ke tus­sen ad­vv. Le­o­nard M­cCarthy, des­tyd­se hoof van die S­ker­pi­oe­ne, en Bu­le­la­ni Ng­cu­ka, oud-NVG-hoof, wys daar is po­li­tie­ke in­men­ging in die be­sluit om Zu­ma aan te kla.

Mps­he het die klag­te teen Zu­ma la­ter laat vaar.

Je­re­my Cro­nin

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.