Dis laas­te dag vir groot e­tolaf­slag

Beeld - - Front Page - Nom­bu­le­lo Ma­ny­a­na

Van­dag is die laas­te dag vir al­le Gau­teng­se mo­to­ris­te om af­slag van 60% te kry om hul ag­ter­stal­li­ge e-tol­skuld te ver­ef­fen.

Gau­teng­se pad­ge­brui­kers kon van 2 No­vem­ber af­slag van 60% op hul ag­ter­stal­li­ge e-tol­skuld ont­vang en is ses maan­de tyd ge­gee om hul skuld ten vol­le af te be­taal. Hul­le kon ook in dié tyd­perk al­ter­na­tie­we be­ta­lings­oor­een­koms­te met die Suid-A­fri­kaan­se Na­si­o­na­le Pa­da­gent­skap (San­ral) aan­gaan.

Die een­ma­li­ge af­slag is van toe­pas­sing op al­le on­be­taal­de e-tol­geld ge­hef op e-tol­paaie van 3 De­sem­ber 2013 tot en met 31 Au­gus­tus 2015.

Die af­slag is een van ver­skeie e­le­men­te wat deel vorm van ’n pak­ket wat adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa in Mei 2015 aan­ge­kon­dig het. Dit is ge­doen in ’n po­ging om die stel­sel aan­vaar­baar­der te maak vir pad­ge­brui­kers.

Van die ver­an­de­rin­ge wat aan­ge­kon­dig is, is ’n een­vor­mi­ge koers per ki­lo­me­ter vir lig­te voer­tuie en ’n ver­min­de­ring van 50% in die maan­de­lik­se mak­si­mum wat ge­hef kan word vir ge­re­gis­treer­de re­ke­ning­hou­ers.

Vu­si Mo­na, woord­voer­der van San­ral, het ge­sê dit is nie ’n am­nes­tie of af­skry­wing van skuld nie. Dit is ’n spe­si­a­le af­slag wat aan pad­ge­brui­kers aan­ge­bied word.

Mo­to­ris­te het tot mid­der­nag tyd om van die aan­bod ge­bruik te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.