Pa en seun se na­tuur­fo­to’s deel van in­ter­na­si­o­na­le uit­stal­ling

Beeld - - News - C­har­lea Sie­ber­ha­gen

Hy was al ’n fi­na­lis in die ge­sog­te Na­tuur­le­we­fo­to­graaf van die Jaar-kom­pe­ti­sie, maar dié keer was an­ders.

Nie net was Wim van den Hee­ver, ’n be­roeps­fo­to­graaf van P­re­to­ria, vir die der­de keer ’n fi­na­lis nie, sy 16-ja­ri­ge seun, Ju­an, is ook een.

Wim sê hy het om­trent ge­bars van trots toe hy en Ju­an ver­le­de Ok­to­ber Lon­den toe is vir die ga­la­ge­leent­heid waar die wen­ners aan­ge­wys is.

Wim en Ju­an se fo­to’s is nou saam met die an­der fi­na­lis­te en wen­ners van die kom­pe­ti­sie se fo­to’s te sien by die Na­tuur­le­we­fo­to­graaf van die Jaar-uit­stal- ling by 1 Fox S­treet in Ne­w­town, Jo­han­nes­burg.

Die uit­stal­ling, deur die Na­tu­ral His­to­ry Mu­seum in Lon­den, het ver­le­de week in Jo­han­nes­burg aan­ge­kom en is tot Ju­lie in Jo­han­nes­burg te sien.

“Die ga­la­ge­leent­heid is soos die Os­cars van wild­le­we­fo­to­gra­fie. Dit is die groot­ste fo­to­gra­fie­se ge­leent­heid. Jy kan dit nie glo nie. Daar is ’n rooi ta­pyt en al­les.

“Ons is vir ’n week by die Na­tu­ral His­to­ry Mu­seum be­sig ge­hou. Daar was baie me­dia en al die re­dak­teurs van top­tyd­skrif­te was daar,” sê Wim oor hul be­soek aan Lon­den.

Ju­an het sy fo­to wat van hom ’n fi­na­lis ge­maak het in die af- de­ling vir fo­to­gra­we on­der 17 jaar – van twee kleur­ry­ke rooi­bors­by­e­van­gers wat lyk as­of hul­le in die lug ba­klei – in Sep- tem­ber 2014 by Ka­ti­mo Mu­li­lo in Na­mi­bië ge­neem toe hy 14 jaar oud was.

Vol­gens Ju­an, ’n leer­ling aan die Ho­ër­skool Gars­fon­tein in P­re­to­ria, het hy ’n he­le rits fo­to’s ge­neem toe hy sien die een vo­ël­tjie is in die lug en die an- der een is op pad om op te styg.

“Ek het nie da­de­lik ge­weet dit gaan so ’n goeie fo­to wees nie,” sê Ju­an. “Ek het dit eers ná die tyd ge­sien.”

Vol­gens Wim het Ju­an as k­lein seun­tjie som­mer ge­loop en met sy han­de ge­maak of hy fo­to’s neem.

“Ek neem eer­der die­re af. Men­se is te kri­ties. Die­re gee nie om hoe jy hul­le af­neem nie,” sê Ju­an.

Hy wil vee­art­se­ny­kun­de stu­deer.

Wim se fi­na­lis­fo­to van ’n lui­perd wat ’n spring­bok vas­trek, is in die E­tosha Na­si­o­na­le Park in Na­mi­bië ge­neem.

“Ek het die lui­perd ge­sien en ek ken al die­re se ge­drag. Ek kon sien sy is hon­ger en het haar vir d­rie dae ge­volg voor­dat sy iets ge­vang het.”

Wim sê hy het el­ke aand wan­neer hy gaan slaap het, ge­hoop die lui­perd vang nog nie, want dan is sy kans daar­mee heen. “Ek moes haar el­ke og­gend weer soek.”

Wim sê ’n on­ge­loof­li­ke ding het ge­beur na­dat die lui­perd haar prooi vas­ge­trek het: “Sy het die kar­kas na die voer­tuig toe ge­trek en daar in die ska­du­wee ge­lê en eet.”

Hy sê hy het so­wat 40 ver­skil­len­de fo­to’s van die vangs ge­neem, maar toe hy dié spe­si­fie­ke fo­to sien, het hy ge­weet dit is ’n tref­fer. “Daar was selfs ’n traan,” sê hy lag­gend.

Fo­to’s: NELIUS RADEMAN

Wim van den Hee­ver, ’n be­roeps­fo­to­graaf van P­re­to­ria, by die fo­to van ’n lui­perd en spring­bok wat van hom ’n fi­na­lis in die Na­tuur­le­we­fo­to­graaf van die Jaar­kom­pe­ti­sie ge­maak het.

Ju­an van den Hee­ver met sy fo­to van twee by­e­van­gers. Dit is die eer­ste keer dat hy ’n fi­na­lis is in die Na­tu­ral His­to­ry Mu­seum se Na­tuur­le­we­fo­to­graaf van die Jaar­kom­pe­ti­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.