K­wik styg in Gau­teng ná die koue na­week

Beeld - - News - – Han­nes Kru­ger

Die kou­e­front het oor­ge­waai en dit het nou vir eers klaar ge­re­ën en ge­sneeu.

Dit sal oor Suid-A­fri­ka heen ’n bie­tjie war­mer wees as die af­ge­lo­pe na­week, sê Brans­by Bu­lo, weer­voor­spel­ler van die Suid-A­fri­kaan­se Weer­diens.

Sterk wind word ook nie ver­wag nie.

P­re­to­ria gaan van­dag ’n mak­si­mum tem­pe­ra­tuur van 27 ° C hê en Jo­han­nes­burg 25 ° C, sê Bu­lo.

Die ge­mid­del­de mi­ni­mum tem­pe­ra­tuur in Jo­han­nes­burg gaan van­dees­week 6 ° C wees. Die ver­wag­te ge­mid­del­de mi­ni­mum en mak­si­mum tem­pe­ra­tuur in Po­lo­kwa­ne is 8 ° C en 25 ° C en in Nel­spruit 12 ° C en 26 ° C.

Vol­gens Bu­lo kan ’n mens van nou af kou­er weer ver­wag na­ma­te die win­ter na­der kruip. “Dit gaan nie war­mer bly om­dat die kou­e­front nou oor­ge­waai het nie. Dit gaan ver­al saans en sog­gens heel­wat kou­er wees.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.