Ma, dog­ter veg ver­be­te teen ro­wers in P­re­to­ri­a­se re­ser­vaat

Beeld - - News - Han­ti Ot­to

Een van die ro­wers wat ’n ma en dog­ter in die Groen­kloof­na­tuur­re­ser­vaat in P­re­to­ria aan­ge­val het, is nog soek, maar Tas­chia Slab­bert meen sy het hom so hard tus­sen die be­ne ge­skop dat “hy ’n he­le ruk lank nié ’n an­der vrou se broek sal pro­beer af­trek nie”.

“Ek en my ma meen hul­le wou ons ver­krag en ver­moor het. Daar­om het ons so ver­be­te te­rug­ba­klei,” sê dié 25-ja­ri­ge on­der­wy­se­res en deel­tyd­se fo­to- graaf van Kemp­ton Park.

Tas­chia het in die stru­we­ling ’n sny aan die ken op­ge­doen.

Haar ma, Me­lis­sa (48), het ver­skeie steek- en sny­won­de.

“Ons het Sa­ter­dag­og­gend spe­si­aal P­re­to­ria toe ge­kom so­dat ek in die Groen­kloof-re­ser­vaat fo­to’s vir ’n kom­pe­ti­sie kan neem,” sê Slab­bert. Die ka­me­ra en len­se is R33 000 werd.

Hul­le het so­wat 2 km op die grond­paad­jie ge­loop toe haar ma sê sy dink hul­le word ag­ter­volg.

“Ons het voet­stap­pe ge­hoor. Ek en my ma het ge­lyk om­ge- kyk. Twee mans het op ons af­ge­storm.”

Die twee het die ma en dog­ter grond toe ge­duik. Elk­een het ’n mes ge­had. “In daar­die sta­di­um was my kop blank. Maar toe ek oor die skok kom, was ek woe­dend. Ek het ge­dink dat hul­le nie my kos­ba­re ka­me­ra son­der ’n fig­ht gaan kry nie.”

Die ka­me­ra was om Slab­bert se nek. Sy het vroe­ër len­se om­ge­ruil en een by haar bra in­ge­druk. Die aan­val­ler het ge­weet dit is daar en sy hand by haar kle­re in­ge­druk.

Hy het haar ka­me­ra van haar nek af­ge­pluk.

In die ge­veg het die aan­val­lers ook die vroue se skoe­ne af­ge­trek om dit vir hul­le moei­li­ker te maak om te ont­snap.

“Die een het my ma aan­hou steek, op die kop, op haar arm. Die man wat my aan­ge­val het, het wyds­been oor my ge­staan en in ’n sta­di­um my broek pro­beer af­trek.

“Ek het hom vol­uit tus­sen die be­ne ge­skop. Hy kon my eer­der dood­maak as om my te ver- krag,” sê Slab­bert.

Na dié vol­struis­skop kon sy op­vlieg.

Sy het haar rug­sak aan hom ge­gee.

“Ek het hom in die oë ge­kyk en ge­sê: ‘You bet­ter f**k off or I’m going to kill you.’ My ma het ver­skrik­lik ge­bloei. Ek was woe­dend.”

Die mans het be­gin weg­gaan en die vroue het bloei­end op hul kou­se oor die klip­pe en bos­se ge­hard­loop.

Fiets­ry­ers het hul gil­le ge­hoor en kom help.

Op die par­keer­ter­rein het ie­mand reeds ’n Tshwa­ne-me­tro­po­li­sie­lid voor­ge­keer wat kom help het.

In­tus­sen het ’n vei­lig­heids­wag ook die bos­se in­ge­vaar. Hy het, self stuk­kend ge­steek, met een van die aan­val­lers en Slab­bert se mo­tor­sleu­tel en foon te­rug­ge­keer.

Die twee vroue is la­ter in­ge­lig dat nog ’n man vas­ge­trek is.

Hy het ver­moe­de­lik brand­wag vir sy twee mak­kers ge­staan.

Die vroue is hos­pi­taal toe waar hul­le ste­ke en an­ti­re­tro­vi- ra­le mid­dels as voor­sorg­maat­re­ël ge­kry het.

“Ons weet nie hoe skoon daar­die mes­se was nie,” sê Slab­bert.

Hul­le is nog maar e­mo­si­o­neel broos en het in­tus­sen be­ra­ding ge­kry, sê Slab­bert.

Sr.supt. I­saac Ma­ham­ba van die Tshwa­ne-me­tro­po­li­sie het be­ves­tig dat dit die so­veel­ste aan­val in die re­ser­vaat is.

“Ons gaan drin­gend kyk hoe ons die vei­lig­heid daar kan ver­be­ter en sal in­wo­ners op die hoog­te van sa­ke hou,” het hy be­lo­we.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.