‘He­witt hoort nie in tronk, want hy het nie wreed ver­krag’

Beeld - - News - Mi­ke van Rooy­en

Bloem­fon­tein. – Die ver­krag­ting van twee tie­ner­mei­sies deur Bob He­witt meer as 30 jaar ge­le­de kan nie as “dier­lik” of “wreed en ge­voel­loos” be­skryf word nie.

Daar was ook geen be­wys dat hul­le erns­ti­ge be­se­rings op­ge­doen het nie, sê adv. Jo­hann En­gel­brecht SC, na­mens die kin­der­ver­krag­ter, in ’n be­toog­hoof­de in die ap­pèl­hof in Bloem­fon­tein.

En­gel­brecht vra dat He­witt (75) se von­nis van ses jaar tronk­straf in ’n von­nis bui­te die tronk om­ge­ska­kel word.

Toe T­he­re­sa (T­wig­gy) Tol­ken (des­tyds 13) aan hom ge­sê het sy kry seer, het hy da­de­lik op­ge­hou. Dit is ook dui­de­lik dat Su­el­len S­heen­an (12) geen va­gi­na­le be­se­rings op­ge­doen het nie. Sy het ge­tuig daar was ’n sleg­te reuk en sy het haar gaan was. Sy het geen on­ge­mak on­der­vind nie, want sy het, vol­gens haar eie weer­ga­we, te­rug­ge­gaan en voort­ge­gaan met haar oe­fen­ses­sie.

En­gel­brecht sê uit die ge­tui­e­nis kan ook nie af­ge­lei word dat die der­de mei­sie, wat on­se­de­lik aan­ge­rand is, e­ni­ge on­ge­mak ver­duur het weens He­witt se ge­drag nie, want sy het met haar ten­nis­les­se by hom voort­ge­gaan.

Die­self­de geld Tol­ken en S­heen­an. Daar is geen ge­tui­e­nis dat hul­le e­ni­ge trau­ma er­vaar het nie.

He­witt, wat in die 1960’s en 1970’s 15 Grand Slam-ti­tels ge- wen het, het die twee tie­ners wat hy af­ge­rig het tus­sen 1980 en 1994 ver­krag en in dié tyd het hy die der­de tie­ner on­se­de­lik aan­ge­rand. Hy was des­tyds iets in die 40 jaar oud.

En­gel­brecht het be­toog reg­ter Bert Bam het in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria ge­fou­teer toe hy be­vind het He­witt se ge­drag het op sek­su­e­le voor­be­rei­ding neer­ge­kom. Nie in Tol­ken of S­heen­an se ge­tui­e­nis was daar e­ni­ge aan­dui­ding dat hy hul­le só be­ïn­vloed het om met hom seks te hê nie. Hy moe­nie nou op die al­taar van ver­gel­ding ge­of­fer word nie. Dit lyk as­of Bam in sy von­nis ’n voor­beeld van hom wou maak, met die ge­volg dat dit He­witt ver­nie­tig, be­toog En­gel­brecht.

Op sy ou­der­dom is dit on­waar­skyn­lik dat hy hom weer tot sek­su­e­le mis­da­de sal wend. Hy het ook nie weer met die ge­reg ge­bots nie en hou geen ge­vaar vir die ge­meen­skap in nie.

Hy het ’n voor­beel­di­ge le­we as ’n eg­ge­noot, ge­sins­man en pa vir sy kin­ders ge­lei en sy le­we uit af­rig­ting en boer­de­ry op ’n si­trus­plaas ge­maak.

He­witt se val van swier en ’n man van aan­sien tot op die tronk­vloer was vir hom ’n ge­wel­di­ge slag, ver­al om­dat hy ook uit die A­me­ri­kaan­se Ten­nis Hall of Fa­me ge­gooi is en deur die Suid-A­fri­kaan­se ten­nis­ge­meen­skap as ’n uit­ge­wor­pe­ne be­skou word. Die feit dat hy aan sul­ke mis­da­de skul­dig be­vind is, is groot ge­noeg straf vir hom. Om hom vir ses jaar tronk toe te stuur, sal ’n on­reg­ver­di­ge en on­van­pas­te straf wees, voer En­gel­brecht aan.

Fo­to: HERMAN VERWEY

Bob He­witt ten ty­de van sy ver­hoor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.