Wa­en­tjie tref kar op N1: Ma en ba­ba sterf

Beeld - - News - Re­tha Fou­rie

’n Jong ma en haar ba­ba­seun is gis­ter op die N4 in M­pu­ma­lan­ga dood toe die sleep­wa­en­tjie van ’n mi­ni­bus los­ge­ruk en hul mo­tor ge­tref het.

Die on­ge­luk het reg voor die te­o­loog prof. Chris­ti­na Land­man en haar seun, De­rek, ge­beur. Hul­le was van Dull­stroom na hul huis in P­re­to­ria op pad.

Sy sê die mi­ni­bus het voor hul­le ge­ry. Na­by die Hen­dri­na­af­rit het die wa­en­tjie skie­lik los­ge­kom en regs oor die pad be­weeg. Dit het die aan­ko­men­de mo­tor reg van voor ge­tref.

Die wa­en­tjie het die 24-ja­ri­ge ma wat die mo­tor be­stuur het, ge­tref en sy is op slag dood. Haar vyf maan­de oue ba­ba het deur die voor­ruit ge­trek en op die pad be­land.

Die vrou se skoon­ma is be­seer en na ’n hos­pi­taal ge­neem.

Land­man sê weens die im­pak van die bot­sing het die wa­en­tjie se as ge­breek en die wa­en­tjie het deur die lug ge­trek en hul mo­tor aan die pas­sa­siers­kant, waar sy ge­sit het, ge­tref.

Hul mo­tor is on­her­stel­baar be­ska­dig, maar sy en haar seun het geen be­se­rings op­ge­doen nie.

“Ek het nie woor­de om te sê wat ek moet sê nie.

“Die po­li­sie sê dis bloot ’n on­ge­luk. Toe die pad weer oop­ge­maak word, be­gin die men­se oor me­kaar jaag.”

Ie­mand wat op die to­neel stil­ge­hou het, het iets ge­soek om die ba­ba se ly­kie mee te be­dek, sê sy.

’n Koel­boks is toe maar ge­bruik.

Fo­to: CHRIS­TI­NA LAND­MAN

Die wrak van prof. Chris­ti­na Land­man se mo­tor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.