7 stu­den­te ver­kool: Rek­tor na fa­mi­lies

Beeld - - News - – A­let Jan­se van Rens­burg

Me­de­lye het gis­ter in­ge­stroom vir die se­we stu­den­te aan die U­ni­ver­si­teit van die Wit­wa­ters­rand (Wits) wat in ’n mi­ni­bus­on­ge­luk in Lim­po­po dood is.

Die stu­den­te was na wat ver­neem word eer­gis­ter­aand op pad te­rug van ’n gods­diens­by­een­koms van die Zi­o­nist Chris­ti­an C­hurch toe hul mi­ni­bus na­by die Nyl-tol­hek op die N1 ’n wa­en­tjie wat aan ’n trek­ker ge­haak was, ge­tref het.

Die trek­ker is glo van die pad af en die wa­en­tjie het in die pad bly staan.

“In die don­ker het die mi­ni­bus­be­stuur­der waar­skyn­lik nie ge­sien daar is iets in die pad nie en daar­in vas­ge­ry,” sê konst. Jo­han­nes Mak­ga­ma­tha, on­der­soek­be­amp­te.

Die be­stuur­der en se­we in­sit- ten­des het in die bus­sie ver­kool. Die lyk van ’n agt­ste per­soon is bui­te die voer­tuig ge­vind. Nog ses men­se sterk in die Mo­ko­pa­ne-hos­pi­taal aan.

Prof. A­dam Ha­bib, rek­tor, dr. Pa­me­la Du­be, stu­den­te­de­kaan, en vier le­de van die stu­den­te­raad het gis­ter­mid­dag Mo­ko­pa­ne toe ver­trek om die oor­le­de­nes se fa­mi­lies by te staan en meer in­lig­ting oor die on­ge­luk te be­kom.

S­hi­ro­na Pa­tel, Wits-woord­voer­der, het die u­ni­ver­si­teit se me­de­lye met die stu­den­te se fa­mi­lie en vrien­de uit­ge­spreek.

“Die be­son­der­he­de is nog baie on­dui­de­lik,” het sy ge­sê. “Ons het van die on­ge­luk ge­hoor van ’n stu­dent wat in ’n mo­tor ag­ter die bus­sie ge­ry het.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.