Brand in plak­kers­hut eis ses se le­we

Beeld - - News - – Su­san Cil­liers

Vier kin­ders en twee vol­was­se­nes in een ge­sin het ge­sterf toe hul plak­kers­hut in die Deel­pa­nom­ge­wing so­wat 50 km van Lich­ten­burg eer­gis­ter­og­gend vroeg aan die brand ge­raak het.

Die kan­toor van Su­pra Ma­hu­ma­pe­lo, pre­mier van Noord­wes, het in ’n ver­kla­ring ge­sê vyf fa­mi­lie­le­de het die brand oor­leef.

Twee is on­ge­deerd en d­rie word in ’n plaas­li­ke hos­pi­taal be­han­del. Vol­gens Ma­hu­ma­pe­lo het ramp­be­stuur­span­ne van die plaas­li­ke, dis­triks- en pro­vin­si­a­le re­ge­ring die to­neel be­soek om te kyk hoe hul­le kan help om­dat die hut en huis­raad heel­te­mal ver­nie­tig is.

“Ons dink aan die fa­mi­lie en hoop hul­le vind ver­troos­ting ter­wyl hul­le hul tra­gie­se ver­lies moet ver­werk.”

Die po­li­sie on­der­soek die oor­saak van die brand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.