Mo­to­ris skiet ‘ro­wer’ by ver­keers­lig

Beeld - - News - – Han­ti Ot­to

’n Ver­meen­de ro­wer is Vry­dag­aand ge­skiet toe hy glo ’n mo­to­ris by ’n ver­keers­lig in P­re­to­ria pro­beer be­roof het.

Die skoot het die man skrams na­by ’n oor ge­wond.

Hy is on­der streng po­li­sie­be­wa­king hos­pi­taal toe ge­neem.

Athlen­da Mat­he, woord­voer­der van die Ne­t­ca­re 911-nood­diens, sê vol­gens hul in­lig­ting het die man in spits­tyd op die hoek van Bloed­straat en E’skia Mp­hahle­le­ry­laan (DF Ma­lan) die voer­tuig se ruit ge­breek.

“Hy was na be­we­ring be­sig om die mo­to­ris te be­roof toe dié op hom skiet,” het sy ge­sê.

Dit is on­be­kend wie hulp ont­bied het.

Die po­li­sie kon nog nie kom­men­taar le­wer nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.