Mo­sam­bie­ker in hof oor 52 kg he­ro­ïen

Beeld - - News - – Sim­vuy­e­le Ma­ge­za

’n 42-ja­ri­ge Mo­sam­biek­se man ver­skyn van­dag in die Er­melo­land­dros­hof na­dat so­wat 52 kg se he­ro­ïen glo by hom ge­vind is.

Vol­gens lt. Di­neo Sek­go­to­di, woord­voer­der van die Val­ke in M­pu­ma­lan­ga, was die man eer­gis­ter­aand 20:45 op pad Jo­han­nes­burg toe met die dwelms. Die po­li­sie het hom in Chris­sies­meer voor­ge­keer en sy mo­tor deur­ge­soek.

“Die dwelms was in die spaar­wiel en re­ser­we­pe­trol­tenk ver­steek,” het Sek­go­to­di ge­sê.

Die he­ro­ïen het glo ’n straat­waar­de van on­ge­veer R52 mil­joen.

Die man is glo oor­spronk­lik van Ma­pu­to en kom ge­reeld deur S­wa­zi­land Suid-A­fri­ka toe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.