O­lie­pro­duk­sie styg steeds

Lo­pie in o­lie­prys dus dalk nie vol­ge­hou

Beeld - - Sake - Han­lie S­tad­ler – By­ko­men­de bron­ne: Reuters, Bloom­berg

Kaap­stad. – Die lo­pie in die o­lie­prys tot sy hoog­ste vlak in 2016 – en die re­de waar­om Suid-A­fri­ka­ners on­danks die ster­ker rand van Woens­dag af 12c meer vir pe­trol moet be­taal – was dalk van kor­te duur.

Die prys van B­rent-ru­o­lie het Vry­dag selfs $48,50 per vat ge­haal, wat die sty­ging vir A­pril op 21,5% te staan ge­bring het – die skerp­ste maandsty­ging se­dert Mei 2009.

Daar was eg­ter Maan­dag te­kens dat die op­ti­mis­me in die o­lie­mark oor­dre­we was om­dat al­ge­he­le pro­duk­sie steeds styg. B­rent-ru­o­lie het Maan­dag teen tus­sen $46,70 en $47,40 per vat ver­han­del. Ver­han­de­ling op o­lie- en an­der mark­te was stil­le­rig om­dat Wer­kers­dag in ver­skeie lan­de ge­vier is en om­dat ’n va­kan­sie­week in Ja­pan be­gin het.

Pro­duk­sie van die 13 lid­lan­de van die Or­ga­ni­sa­sie vir Pe­tro­le­umuit­voer­lan­de (O­pul) het in A­pril tot 33,217 mil­joen va­te per dag ge­styg – die hoog­ste se­dert 1989.

Irak se o­lie-uit­voer het in A­pril 3,36 mil­joen va­te per dag ge­haal, na­by die al­ge­he­le re­kord van No­vem­ber 2015. In to­taal het Irak in A­pril 4,31 mil­joen va­te o­lie per dag ge­pro­du­seer.

Rus­land, die groot­ste uit­voer­der bui­te O­pul, het in A­pril meer as 3 mil­joen va­te per dag uit­ge­voer – 7% meer as in Maart. Rus­land se to- ta­le pro­duk­sie van 10,84 mil­joen va­te per dag was net ef­fens min­der as die al­ge­he­le re­kord van 10,91 mil­joen va­te per dag in Maart.

In die VSA het die aan­tal o­lie­bo­re wel vir die ses­de week ge­daal.

Die o­lie­prys se da­ling is teen­ge­werk deur ’n gro­ter vraag na o­lie, wat in dol­lar ver­han­del word, deur lan­de wat voor­ra­de op­bou ter­wyl dié geld­een­heid swak is.

Er­nest Mo­niz, die VSA se mi­nis­ter van e­ner­gie, het ge­sê dié land se o­lie­pro­duk­sie vir 2016 sal na ver­wag­ting tot 9 mil­joen va­te per dag val, 600 000 va­te min­der as 2015 se hoogtepunt van 9,6 mil­joen va­te per dag. Fa­tih Bi­rol, hoof van die In­ter­na­si­o­na­le E­ner­gie-a­gent­skap (IEA), het Son­dag op ’n ver­ga­de­ring van G7-e­ner­gie­mi­nis­ters in Ja­pan ge­sê sy glo o­lie se laag­te­punt is ver­by, mits daar geen groot kri­sis­se op­duik in die wê­reld­e­ko­no­mie nie.

Bi­rol sê al­ge­he­le pro­duk­sie deur nie-O­pul-lan­de sal van­jaar met meer as 700 000 va­te per dag val, die skerp­ste da­ling in twee jaar.

Die G7-lan­de het hul­le in ’n ver­kla­ring ver­bind tot in­ves­te­ring in e­ner­gie­pro­jek­te om te ver­se­ker dat daar ge­noeg o­lie op die wê­reld­mark bly selfs al val die prys. In­ves­te­ring in o­lie en gas sal na ver­wag­ting van­jaar met 18% daal ná ’n da­ling van 24% in 2015, vol­gens Bi­rol.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.