SA Ex­press te­rug in die lug ná ak­sie­plan

Beeld - - Sake -

Die wer­kers­dag-lang­na­week was vir SA Ex­press (SAX) en sy pas­sa­siers ’n 48-uur-lan­ge nag­mer­rie.

Die Bur­ger­lug­vaar­to­wer­heid (BLO) het Vry­dag­aand dié streeklug­diens van die SAL se be­dry­wig­he­de ty­de­lik op­ge­skort weens kom­mer oor vei­lig­heid­stan­daar­de. Die diens is eers weer vroeg Son­dag­aand die groen lig ge­gee om vlug­te te her­vat. Tal­le pas­sa­siers is op an­der lug­diens­te ge­ak­kom­mo­deer, maar baie is woe­dend ge­laat met skeef­ge­loop­te lang­na­week­plan­ne.

’n Net­werk24-le­ser, An­dré Ki­li­an, sê hy was Sa­ter­dag be­spreek op ’n vlug van Kaap­stad na Oos-Lon­den, maar is nie op ’n al­ter­na­tie­we lug- diens ge­ak­kom­mo­deer nie en “daar was geen by­stand of sa­me­wer­king van SAX nie”.

“Ek moes my reis voort­sit op ’n vlug van SAFair teen ’n kos­te van meer as R1 700. Ek hoop SAX sal die or­dent­lik­heid hê om my vir die oor­spronk­li­ke kaart­jie te ver­goed.”

Min­net­te Demp­sey het op T­wit­ter ge­vra: “Gaan jul­le geld te­rug­be­taal vir diens­te wat gis­ter nie ge­le­wer kon word nie? Nie­mand ant­woord hier­op nie.”

Die maat­skap­py het ge­ant­woord deur @flySAEx­press dat pas­sa­siers “asb. cu­s­to­mer­ca­re@fly­ex­press.a­e­ro moet e-pos vir te­rug­be­ta­lings”.

Die vlug­te van SAX is Son­dag om­streeks 19:00 ná ’n ver­ga­de­ring Son­dag­mid­dag met die BLO her­vat toe laas­ge­noem­de die lug­diens se be­dryfs­li­sen­sie weer gel­dig ver­klaar het.

I­na­thi Nts­han­ga, uit­voe­ren­de hoof van SAX, sê do­ku­men­te en pa­pier­werk tus­sen hul­le en die BLO het nie oor­een­ge­stem nie.

“Ons het lang ver­ga­de­rings met hul­le (die BLO) ge­had, en al ons do- ku­men­te weer ’n slag deur­ge­gaan. Na af­loop van die ge­sprek is ons vlug­o­pe­ra­teur­ser­ti­fi­kaat weer te­rug­ge­gee.

“Dus, din­ge gaan soos nor­maal weer voort. Die lug­diens het Son­dag om­streeks 19:00 weer be­gin vlieg,” het hy ge­sê.

Nst­han­ga het weer die ver­se­ke­ring ge­gee dat SAX se­dert sy stig­ting 22 jaar ge­le­de ’n goeie vei­lig­heids­re­kord het en dat die lug­diens nooit sy pas­sa­siers, be­man­ning, die pu­bliek en sy vlieg­tuie in ge­vaar sal stel nie.

SAX be­dryf 24 vlieg­tuie na 29 be­stem­mings in Suid-A­fri­ka en buur­lan­de soos Zam­bië, Na­mi­bië en Bo- tswa­na. Die groep on­der­neem jaar­liks meer as 37 000 vlug­te.

Die BLO het Sa­ter­dag ge­sê erns­ti­ge kom­mer oor vei­lig­heids­as­pek­te wat ver­band hou met ge­bre­ke in die lug­diens se vei­lig­heids­be­stuur­stel­sel het tot die op­skor­ting ge­lei. Dit is ná twee spe­si­fie­ke ou­dits wat op 19 en 20 A­pril uit­ge­voer is.

Die BLO sê die SAX het ná “ver­skeie en in­ten­sie­we ge­sprek­ke” ’n ak­sie­plan aan die BLO ge­gee waar­in aan­dag ge­gee word aan die kwes­sies waar­oor die BLO be­kom­merd is.

Hy sal voort­gaan om toe te sien dat die ak­sie­plan ten vol­le toe­ge­pas word en sy oor­sig van al die lug­diens se be­dry­wig­he­de “ver­skerp”.

I­na­ti Nts­han­ga, uit­voe­ren­de hoof van SA Ex­press.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.