Pe­trol­prys styg met 12c per li­ter

Beeld - - Sake -

Maan­dag, op die Wer­kers­dag­va­kan­sie­dag, moes die mees­te mo­to­ris­te die bit­ter pil sluk dat dit van Woens­dag af duur­der gaan wees om by die werk te kom. Die pe­trol­prys styg met 12c per li­ter vir al­le gra­de. Dit bring die prys van 95­ok­taan­pe­trol in Gau­teng op R12,74 per li­ter te staan en aan die kus op R12,26 per li­ter.

Die groot­han­del­prys van die­sel het da­rem met 1c (swa­el­in­houd van 0,05%) of 2c (0,005%) per li­ter ge­daal. Dit bring die prys van die­sel met ’n swa­el­in­houd van 0,05% in Gau­teng op na­ge­noeg R10,53 per li­ter te staan en aan die kus op R10,15 per li­ter.

Gas word met 5c per ki­lo­gram goed­ko­per.

Pe­trol sou 40c per li­ter duur­der moes word en die­sel 20c per li­ter as die duur­der o­lie nie deur die ster­ker rand ge­buf­fer is nie, sê die Sen­tra­le E­ner­gie­fonds in ’n ver­kla­ring. Die rand ver­han­del op sy sterk­ste vlak­ke se­dert No­vem­ber en het Vry­dag selfs R14,16 per dol­lar ge­haal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.