Nam­po is weer hier

Oes­dag vier 50ste be­staans­jaar

Beeld - - Landbou-Sake - Vi­da Booy­sen

Bloem­fon­tein. – Groot af­wag­ting heers vir Graan SA se Nam­pooes­dag wat van­jaar van Dins­dag 17 tot Vry­dag 20 Mei op die Nam­po-oes­dag­plaas bui­te Bot­ha­vil­le ge­hou word.

Dié skou, wat vier dae duur, word be­skou as die toon­ven­ster van land­bou en land­bou­teg­no­lo­gie in Suid-A­fri­ka. Hy vier van­jaar sy 50ste be­staans­jaar.

“Die Nam­po-oes­dag is die per­fek­te ge­leent­heid om nu­we teg­no­lo­gie en an­der pro­duk­te op een ter­rein met me­kaar te ver­ge­lyk en te be­sluit wat­ter pro­duk, pa­tent of teg­no­lo­gie die beste op jou plaas toe­ge­pas kan word,” sê Jannie de Villiers, uit­voe­ren­de hoof van Graan SA.

Ver­le­de jaar het die Nam­pooes­dag meer as 650 uit­stal­lers en so­wat 70 000 be­soe­kers ge­lok.

“Na­ma­te kom­mer­si­ë­le boer­de­rye vir vol­hou­ba­re wins­ge­wend­heid be­gin di­ver­si­fi­seer het, het die Oes­dag­ko­mi­tee se keu­se van uit­stal­lers en die ge­rie­we van die Oes­dag­ter­rein in pas ge­bly met nu­we ont­wik­ke­lings en die jong­ste boer­de­ry­teg­no­lo­gie. Daar word aan by­na el­ke fa­set van land­bou aan­dag ge­gee,” sê De Villiers.

Co­bus van Col­ler, Nam­po-oes­dag­voor­sit­ter, sê dat dit ver­al in ’n droë jaar be­lang­rik is vir pro­du­sen­te om Nam­po toe te kom

“Dit is nood­saak­lik dat pro­du­sen­te met me­kaar ge­sels, in­lig­ting uit­ruil en vas­stel wat no­dig is vir hul boer­de­ry om ver­de­re waar­de toe te voeg.”

Van­jaar kan be­soe­kers al­les oor Nam­po en sy uit­stal­lers op hul slim­fo­ne lees. Die or­ga­ni­seer­ders het ’n Nam­po-app ge­skep wat gra­tis van jou slim­foon se app-win­kel af­ge­laai kan word en be­soe­kers sal help om hul koers op die ter­rein te vind.

Meer as 60 bui­te­land­se uit­stal­lers neem van­jaar aan die Nam­po-oes­dag deel. Be­soe­kers kan van­jaar weer die saad­plot­te be­soek om te sien hoe ge­was­se in

Nam­po is die per­fek­te ge­leent­heid om nu­we teg­no­lo­gie . . . te ver­ge­lyk — JANNIE DE VILLIERS

die prak­tyk lyk.

Daar is daag­lik­se vee­ver­to­nings van groot- en klein­veer­as­se en ’n af­sla­ers­kom­pe­ti­sie.

Dit spaar ’n mens heel­wat tyd (en ’n bie­tjie geld) as jy jou toe- gangs­kaart­jie tot die ter­rein voor­af aan­lyn koop op Tic­ke­tPro se web­tuis­te by tic­ket­pros.co.za of be­soek nam­po.tic­ke­tpro.co.za om di­rek na die Nam­po-blad te gaan. Ont­hou om ’n gra­tis pro­gram­boe­kie by die toe­gangs­hek­ke te kry. Dit be­vat ’n ter­rein­kaart en uit­stal­lers­lys.

Nog in­lig­ting en die dag­pro­gram is ook aan­lyn be­skik­baar by nam­po.co.za, grain­sa.co.za of by nam­po.mo­bi.

Fo­to: VI­DA BOOY­SEN

Be­soe­kers stroom deur die Nam­po­oes­dag by Bot­ha­vil­le se ten­toon­stel­lings van land­bou­pro­duk­te en ­teg­no­lo­gie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.