Ge­hal­te­mer­ke: SA stel­sel het ge­bre­ke

Beeld - - Landbou-Sake - Jo­hann Kir­sten

Gra­de en stan­daar­de in die land­bou­be­dryf ver­skaf be­lang­ri­ke in­lig­ting vir die aan­ko­per en vir die ver­brui­ker.

Maar wie be­taal vir die ge­moeds­rus wat ons ver­se­ker dat klas 1-aar­tap­pels wel van ’n be­ter ge­hal­te is en dus duur­der as klas 3-aar­tap­pels is? En hoe doel­tref­fend kom die staat sy ver­ant­woor­de­lik­heid na om hier­die gra­de­rings te be­dryf?

Om­dat land­bou­pro­duk­te hul oor­sprong in ’n bi­o­lo­gie­se pro­duk­sie­pro­ses het, sal pro­duk­ge­hal­te nooit een­vor­mig wees nie. Daar­om is die ge­bruik van kwa­li­teits­gra­de­rings en -stan­daar­de so nood­saak­lik vir die or­dent­li­ke funk­si­o­ne­ring van land­bou­mark­te en om op­por­tu­nis­me in die voed­sel­be­dryf hok te slaan. Deur die eeue heen is gra­de­rings- en ge­hal­te­re­ëls deur re­ge­rings (en han­de­laars) ge­bruik om or­de in land­bou­mark­te te hand­haaf en daar­deur te ver­se­ker dat die pry­se van land­bou- en voed­sel­pro- duk­te dien­oor­een­koms­tig hul kwa­li­teits­gra­de­ring is.

Be­ne­wens ge­hal­te­re­gu­le­ring is voed­sel­vei­lig­heid ook ’n be­lang­ri­ke oor­we­ging aan­ge­sien dit die ge­sond­heid en wel­stand van ver­brui­kers in ge­vaar kan stel as dit nie be­hoor­lik be­heer word nie. Hier­die as­pek­te, as­ook die re­gu­le­ring van voed­sel­e­ti­ket­te, is die ver­ant­woor­de­lik­heid van die de­par­te­ment van ge­sond­heid en die ge­sond­heids­in­spek­teur by die plaas­li­ke mu­ni­si­pa­li­teit. Hier­die be­amp­tes moet voed­sel­vei­lig­heid by voed­sel­ver­wer­kings­aan­leg­te, re­stau­ran­te en an­der voed­sel­on­der­ne­mings be­heer. Die doel­tref­fend­heid van dié pro­ses­se laat eg­ter soms veel te wen­se.

Die be­stuur van ge­hal­te en stan­daar­de in die voed­sel­be­dryf is ge­frag­men­teerd. Daar is nou meer as ooit te­vo­re ’n be­hoef­te aan die in­stel­ling van ’n sen­tra­le voed­sel­be­heer-re­gu­leer­der. Dit sal ’n blye dag wees as die re­ge­ring se jong­ste plan­ne vol­trek kan word so­dat al­le as­pek­te ra­ken­de voed­sel­ge­hal­te, -stan­daar­de en -vei­lig­heid on­der een dak re­sor­teer.

Die be­gin­sel dat die staat ver­ant­woor­de­lik moet bly vir die re­gu­le­ring van ge­hal­te­mer­ke of pro­duk­gra­de­rings bly steeds toe­pas­lik en on­on­der­han­del­baar. Mer­ke soos choi­ce gra­de en be­st qua­li­ty of first gra­de kan ver­keer­de, mis­lei­den­de bood­skap­pe stuur as dit nie be­hoor­lik ge­re­gu­leer word nie.

Dit is eg­ter so dat die hui­di­ge re­ge­ring hier­die re­gu­la­to­rie­se diens­te – waar­son­der die land­bou- en voed­sel­be­dryf nie kan funk­si­o­neer nie – heel­te­mal on­der­fi­nan­sier. Die be­gro­ting vir per­so­neel en die toe­pas­sing, be­stuur en po­li­si­ë­ring van hier­die re­gu­la­sies is on­vol­doen­de.

Ge­volg­lik is die de­par­te­ment van land­bou ge­noop om so­ge­naam­de “ge­vol­mag­tig­des” te ge­bruik om die in­spek­sies en die toe­pas­sing van die land­bou­pro­duk­re­gu­la­sies na­mens die staat te doen. ’n Be­drag hier- voor is deur boe­re, ver­wer­kers, mark­te, a­gen­te en klein­han­de­laars be­taal­baar. Die be­kend­ste maat­skap­pye wat hier­die rol na­mens die staat ver­vul, is Sa­mic (rooi­vleis) Pro­kon (aar­tap­pels en vars pro­duk­te) en ook PPECB (uit­voer­pro­duk­te). Die ra­ming is dat die voed­sel­be­dryf jaar­liks tus­sen R35 mil­joen en R50 mil­joen aan hier­die en an­der maat­skap­pye vir ou­dit- en in­spek­sie­kos­te in die bin­ne­land­se mark­te be­taal ter­wyl PPECB se in­spek­sie­kos­te vir uit­voer­pro­duk­te meer as R220 mil­joen kan be­loop.

Die uit­ein­de­li­ke kos­te is na­tuur­lik heel­wat ho­ër om­dat kos­te meer­vou­dig tot aan die ein­de van die ket­ting groei. Hier­die kos­te moet ê­rens in die ket­ting ver­haal word. Dit word ge­woon­lik by twee pun­te ge­doen: by die boer en die ver­brui­ker. In die pro­ses be­taal die ver­brui­ker meer vir voed­sel­pro­duk­te en die boer ver­dien min­der.

Die plei­dooi aan die mi­nis­ter van land­bou is om die di­rek­to- raat land­bou­pro­duk­stan­daar­de be­ter te fi­nan­sier so­dat hul­le die reg­te en doel­tref­fen­de toe­pas­sing van pro­duk­ge­hal­te en -stan­daar­de kan doen. Die “ge­vol­mag­tig­des” kan nog steeds ge­bruik word, maar hul­le moet deur die staat be­taal word en nie van sa­ke uit die voed­sel­ket­ting af­hank­lik wees nie.

Dié vorm van self­po­li­si­ë­ring bin­ne die be­trok­ke voed­sel­ket­ting het nie nood­wen­dig die beste uit­koms wat wets­toe­pas­sing be­tref nie. Hier­die maat­skap­pye wil nie hul kli­ën­te ver­loor nie en daar­om is dit nood­wen­dig so dat “lig­te” in­spek­sies aan die or­de van die dag is. Ver­brui­kers het by­voor­beeld geen waar­borg dat die vry­lo­pen­de vleis­pro­duk­te van ons be­lang­rik­ste ket­ting­groe­pe ge­du­ren­de die droog­te nié uit voer­kra­le ge­kom het nie.

In we­se is die aan­spo­ring­stel­sel in die be­stuur van ons ge­hal­te­re­ëls nie be­hoor­lik be­lyn om werk­lik ons land se land­bou­pro­duk­ge­hal­te kor­rek te be­stuur nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.