Mark­in­lig­ting op jou vin­ger­pun­te

Beeld - - Landbou-Sake -

Ak­ku­ra­te en ty­di­ge mark­in­lig­ting, maar ver­al die pry­se waar­teen ter­myn­kon­trak­te op die plaas­li­ke ter­myn­mark (Sa­fex) ver­han­del, is ’n in­te­gra­le deel van die graan­mark. Om­dat hier­die in­lig­ting on­ont­beer­lik vir pro­du­sen­te en an­der rol­spe­lers in die graan­be­dryf is, het NWK on­langs ’n vol­le­di­ger, meer kos­te­doel­tref­fen­de hulp­mid­del as die ge­bruik­li­ke SMS ont­wik­kel.

Die land­bou­groep het ’n aan­lyn plat­form be­kend ge­stel waar pry­se el­ke 15 mi­nu­te deur die loop van ’n og­gend se ver­han­de- ling op­ge­da­teer word.

Die NWK On­li­ne-plat­form gee die groep se klan­te via die in­ter­net toe­gang tot on­der meer hul­le re­ke­ning- en in­tyd­se in­lig­ting oor graan­le­we­ring.

In sa­me­wer­king met Es­tu­a­ry So­lu­ti­ons word in­tyd­se mark­in­lig­ting nou ook na NWK se web­werf so­wel as die NWK On­li­ne­plat­form ge­voer.

Die plat­form is via ’n toe­pas­sing vir die iOS-, An­droid- en Win­dows-be­dryf­stel­sels en via ’n re­ke­naar be­skik­baar. Op die web­werf is ge­rief­li­ke ska­kels na An­droid se Play S­to­re, Ap­ple se App S­to­re en die Win­dows P­ho­ne S­to­re, van­waar dit gra­tis af­ge­laai kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.