Guns­ti­ge prys kan vraag na kuns­mis ver­hoog

Beeld - - Landbou-Sake - – Hans Lom­bard

Die hui­di­ge prys­ver­hou­ding tus­sen oes­te en kuns­mis is guns­tig ver­ge­le­ke met dié van die vo­ri­ge sei­soen en be­hoort die vraag na kuns­mis ge­du­ren­de die 2016-’17plant­sei­soen te on­der­steun, sê A­dri­aan de Lan­ge, voor­sit­ter van die mis­stof­ver­e­ni­ging van Sui­der-A­fri­ka (Fer­ta­sa), in sy jaar­ver­slag.

Lui­dens die ver­slag sal die mark vir mis­stof­pro­duk­te van­jaar groot­liks van vol­doen­de reen­val af­hang.

In­ter­na­si­o­na­le mis­stof­pry­se is vol­gens De Lan­ge swak weens oor­ka­pa­si­teit. U­reum- en pot­aspry­se het se­dert Ja­nu­a­rie ver­le­de jaar met 39% ge­daal. Die ver­swak­king van die rand het eg­ter die plaas­li­ke mark teen die aan­sien­li­ke da­ling in in­ter­na­si­o­na­le pry­se ver­skans.

Die in­ter­na­si­o­na­le stik­stof­prys sal van­jaar in ’n groot ma­te af­hang van C­hi­ne­se ver­skaf­fers, wat be­dui­den­de voor­raad­vlak­ke op­bou, as­ook van die prys van gas in die Oe­kra­ï­ne.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.