‘Broc­co­li sal my nie help 100 haal nie’

Hy stel be­leg­gers ge­rus oor ’n VSA on­der Trump

Beeld - - Sake Nuus - Niel Jou­bert – Bron­ne: Bloom­berg, Reuters, The New York Ti­mes, The Wall S­treet Jour­nal, For­bes

As War­ren Buffett, die “Ora­kel van O­maha”, oor be­leg­gings praat, dan luis­ter jy. En Sa­ter­dag kon e­nig­ie­mand na dié be­ken­de be­leg­ger luis­ter toe Berks­hi­re Hat­ha­way, waar­van Buffett die voor­sit­ter is, se jaarvergadering vir die eer­ste keer reg­streeks op die in­ter­net deur Ya­hoo uit­ge­saai is.

Buffett (85) en C­har­lie Mun­ger (92), sy ja­re lan­ge vriend en ven­noot, het ure lank vrae be­ant­woord oor al­les van Co­ca-Co­la en be­leg­gings tot Do­nald Trump en po­li­tiek.

Die “Wood­stock vir ka­pi­ta­lis­te” in O­maha, Ne­bras­ka, lok jaar­liks dui­sen­de men­se van o­ral in die wê­reld, maar hoe­wel daar van­jaar min­der men­se was as ver­le­de jaar se re­kord­ge­tal van oor die 40 000 – waar­skyn­lik van­weë die Ya­hoou­it­sen­ding – het Buffett nie te­leur­ge­stel nie.

Hy het ge­sê van die be­lang­rik­ste ver­eis­tes vir be­leg­ging­suk­ses is om ja­loe­sie en duur be­leg­gings­gel­de te pro­beer ver­my.

Vol­gens Buffett is dit be­lang­rik om nie an­der te pro­beer na­doen wat wins ge­maak het uit ’n maat­skap­py se aan­vank­li­ke o­pen­ba­re aan­bod nie. “Jy wil nie ja­loers raak op ie­mand wat ge­koop het met ’n aan­vank­li­ke o­pen­ba­re aan­bod of wat ’n lo­te­ry ge­wen het nie. Jy moet doen wat sin maak vir jou.”

Buffett is weer ge­vra oor Berks­hi­re se be­leg­ging in Co­ca-Co­la. Berks­hi­re is die groot­ste aan­deel­hou­er in dié maat­skap­py, wat on­der kri­tiek deur­loop weens sy pro­duk­te se by­drae tot vet­sug.

Hoe­wel die joer­na­lis ge­vra het dat Buffett die vraag moet be­ant­woord son­der ver­wy­sing na hom­self, het Buffett, wat be­kend is vir sy lief­de vir Co­ke en soet­goed, ge­sê die ple­sier wat hy daar­uit kry om die koel­drank te drink, weeg swaar­der as die ge­sond­heids­voor­de­le van meer groen­te eet.

Vol­gens Buffett kan men­se kies wat hul­le wil eet of drink en om so baie koel­drank te drink, is vir hom ’n per­soon­li­ke keu­se. Hy ver­kies om sy ka­lo­rieë te kry van din­ge “wat my laat goed voel wan­neer ek dit eet”, het hy ge­sê.

“Ek het nog nie be­wy­se ge­sien wat my oor­tuig dat ek meer waar­skyn­lik die ou­der­dom van 100 gaan be­reik as ek skie­lik oor­slaan na wa­ter en broc­co­li nie.”

Da­vid Parr, ’n aan­deel­hou­er, het ge­sê aan­deel­hou­ers is be­kom­merd oor wie Buffett gaan ver­vang van­weë Buffett se merk­waar­di­ge ta­lent.

Hy is tans die der­de ryk­ste per­soon ter wê­reld met ’n ge­raam­de for­tuin van so­wat $60,8 mil­jard.

Buffett on­der­steun Hil­la­ry C­lin­ton as pre­si­dents­kan­di­daat in die VSA, maar hy is ge­vra wat met Berks­hi­re sal ge­beur as Do­nald Trump pre­si­dent word.

“Dit sal nie die groot­ste pro­bleem wees nie,” het hy ge­ant­woord, en aan­deel­hou­ers ge­rus ge­stel dat Berks­hi­re sal voort­gaan om goed te vaar, on­ge­ag wie ver­kies word as pre­si­dent, om­dat dié A­me­ri­kaan­se on­der­ne­ming sal aan­hou aan­pas en flo­reer.

“Geen pre­si­den­si­ë­le kan­di­daat of pre­si­dent gaan dit ver­an­der nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.