‘S­neeu­wit­jie’ is hier

Beeld - - Kuns -

Hul vo­ri­ge pan­to­mi­me, Aspoes­ter­tjie, het hul ver­wag­tin­ge oor­tref, maar Li­se-Ma­rie en Re­nier Key­ser van Add-Li­fe Pro­ducti­ons, ver­vaar­di­gers van S­neeu­wit­jie, doen al­les moont­lik om te vol­doen aan die stan­daar­de wat hul­le ver­le­de jaar ge­stel het.

Add-Li­fe Pro­ducti­ons se nu­we pan­to­mi­me, S­neeu­wit­jie, is van Vry­dag by Em­per­ors Pa­la­ce aan die Oos-Rand op die plan­ke.

Hul Aspoes­ter­tjie het ne­ge Na­le­di-be­noe­mings ge­kry.

“Hoe­wel ons al­tyd daar­na streef om pro­duk­sies van wê­reld­ge­hal­te te ver­vaar­dig, het Aspoes­ter­tjie so­wel die pu­bliek as die kri­ti­ci ab­so­luut gaan­de ge­had,” sê Li­se-Ma­rie.

Vir S­neeu­wit­jie be­staan die rol­ver­de­ling uit on­der an­de­re Ná­di­ne (as S­neeu­wit­jie), Reyn­ard Slab­bert, Ti­aan Rau­ten­bach, C­lint Les­ch en An­ge­la Ki­li­an.

“Om saam met An­ge­la te werk, is ’n droom wat waar ge­word het. Sy is ’n te­a­ter­le­gen­de! Van­dat ons met S­neeu­wit­jie se teks be­gin het, was daar net één ak­teur wat ge­stal­te aan die bo­se ko­nin­gin Nar­sis­sa kon gee en dit is sy. Ná ’n 18 maan­de lan­ge wê­reld­toer met Cats wou An­ge­la ook eer­der ’n bie­tjie in Suid-A­fri­ka werk, dus het din­ge toe mooi by­me­kaar ge­kom.”

Die oor­spronk­li­ke sto­rie ge­dy in groot maat. Die ko­nin­gin (Ki­li­an), S­neeu­wit­jie, die prins en die dwer­gies is al­mal deel van die span.

Een lied, “S­neeu­wit­jie”, is deur Ter­ti­us P­re­to­ri­us nuut ge­skryf vir die pro­duk­sie. Ná­di­ne sing twee van haar lied­jies, naam­lik “Tyd” en “Daai lief­de”, en baie van die mu­siek is saam­ge­stel uit ge­wil­de A­fri­kaan­se mu­siek.

Hei­di E­de­ling is die mu­siek­re­gis­seur en sy het ook al die ver­wer­kings ge­doen.

Re­nier meen daar is nie ’n wen­re­sep nie – bloot har­de werk en om be­reid te wees om te waag.

Die Key­sers het ein­de 2014 ’n A­fri­kaan­se mu­siek­spel na die Te­a­tro by Mon­te­ca­si­no ge­bring.

Hul­le het Har­ti­wood Films se rol­prent Lief­ling vir die ver­hoog ver­werk. In Sep­tem­ber bied hul­le weer ’n mu­siek­spel by Mon­te­ca­si­no aan.

Die be­sluit om S­neeu­wit­jie aan te pak, het te doen met wat­ter spro­kie die ge­hoor in die hui­di­ge e­mo­si­o­ne­le stand van sa­ke sal pas.

Ver­to­nings is Vry­dae tot Son­dae. Kaar­tjies kos R150 tot R250.

) Dit duur tot 12 Ju­nie.

AJ Op­per­man

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.