Be­soek k­lein dor­pie en kyk wat hier ver­mag word

Beeld - - Kommentaar -

A. Gey­er van Swart­rug­gens skryf:

Hier by ons is twee sko­le, die Ree­bo­ne Se­con­da­ry S­chool en die Ge­kom­bi­neer­de Skool Swart­rug­gens.

By Ree­bo­ne is daar geen sport­ak­ti­wi­tei­te nie. Die Ge­kom­bi­neer­de Skool Swart­rug­gens pro­beer, maar het ook nie al­tyd die no­di­ge geld nie.

Hier is twee jong man­ne wat rug­by af­rig by die Ge­kom­bi­neer­de Skool Swart­rug­gens en hul­le be­trek ook Ree­bo­ne se seuns by die sport.

Hul­le was nou in P­re­to­ria vir ’n rug­by­kur­sus. D­rie van die seuns kan Ier­land toe gaan, maar die geld ont­breek. Twee van hul­le kom van Ree­bo­ne.

Dit wil voor­kom as­of die k­lein dor­pies baie min aan­dag kry. Die rug­by­span wat hier op­ge­bou is, is ’n ver­teen­woor­di­ging van al­bei sko­le. Maar wan­neer kom die ho­ë­lui van sport hier­heen om te sien wat twee jong man­ne son­der e­ni­ge hulp kan reg­kry? Hul­le het ook nie die geld vir al­les nie.

Ek haal my hoed af vir Ja­co en Jo­hann, want dis die soort jong man­ne wat ’n Spring­bok-span sal kan bou, wat die volk trots sal maak en die mi­nis­ter saam sal laat juig.

Be­gin op grond­vlak en er­ken dit wat ge­doen word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.