Put­toi­let­te: Hier is die op­los­sing

Beeld - - Kommentaar -

Fran­cois du Toit van Si­no­vil­le skryf:

Die be­rig “40 000 toi­let­te kort” ( Beeld, 25 A­pril) het be­trek­king.

’n S­plin­ter­nu­we skool is in 2015 op die hoek van Dr. S­wa­ne­poel- en Jeug­d­weg, Mon­ta­na, op­ge­rig. Wat hier­die skool merk­waar­dig maak, is dat dit voor­af­ver­vaar­dig is en uit mo­du­les be­staan. Die kon­struk­sie kan dus by be­hoef­tes aan­pas. Een klas­ka­mer met toi­let­ge­rie­we of ’n vol­le­di­ge skool. Dit sal nie 37 amp­te­na­re verg om die be­plan­ning te doen nie; net d­rie of vier.

Die op­rig­ting is vin­nig en een­vou­dig. Die on­der­wys­de­par­te­ment moet dié skool be­soek en die res is een­vou­dig: praat min­der en werk.

Put­toi­let­te in Lim­po­po.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.