Deur die smelt­kroes WAARHEEN?

Beeld be­gin van­dag met ’n reeks ge­sprek­ke oor die toe­koms van die A­fri­kaan­se ge­meen­skap. Die in­lei­ers is Tim du P­les­sis (links) en Le­o­pold S­choltz.

Beeld - - Middelblad - Kon­teks vir i­ni­si­a­tief Oor­win­ning en ver­druk­king A­fri­ka­ner weer ver­dwaas Bo­ge­noem­de is ’n uit­trek­sel uit S­choltz se boek Dit is ’n pu­bli­ka­sie van Kraal Uit­ge­wers. Om die boek te be­stel, ska­kel 012 644 4329 of be­soek www.kraal­uit­ge­wers.co.za. Prys: R220 (

Ge­trou aan sy aard as “toon­aan­ge­wen­de koe­rant” (die oud­re­dak­teur Ton Vos­loo se ti­pe­ring) be­gin Beeld van­dag ’n din­ken praat­plek waar ver­nu­wend en ver bui­te die bok­sie be­sin word oor die toe­koms van die A­fri­kaan­se ge­meen­skap. Soos in ’n oop, self­de­fi­ni­ë­ren­de en­ti­teit wat al­mal in­sluit wat hul­self be­skou as A­fri­kaans, A­fri­ka­ner, A­fri­kaans­spre­ken­de of wat ook al.

Beeld het my ge­vra om, soos hul­le in my nu­we wê­reld van TV sê, die “an­ker” hier­van te wees. Beeld is ’n harts­plek en ek sê dan­kie. Die kon­teks vir die i­ni­si­a­tief word net­jies saam­ge­vat in mee­gaan­de uit­trek­sel uit die jong­ste boek van die his­to­ri­kus en joer­na­lis Le­o­pold S­choltz. In Kruis­paaie skryf S­choltz van­uit die per­spek­tief van “A­fri­ka­ner” oor die groep se wye en droe­we ge­skie­de­nis, be­paald oor die in­flek­sie­pun­te waar hul­le “reg­te” en “ver­keer­de” be­slui­te ge­neem het.

Dit is S­choltz se aan­voe­ling – en ek deel dit – dat ons weer by so ’n punt is. Ek is van­jaar 40 jaar in die joer­na­lis­tiek. Meer as ooit te­vo­re hoor ek van­dag men­se wat sê-vra: Wat gaan van ons word? Gaan ons oor tien jaar nog A­fri­kaans praat? A­fri­kaan­se sko­le hê? Sal ons kin­ders in A­fri­kaans kan stu­deer? Moet ons nie maar ver­en­gels en ver­smelt ter wil­le van fi­sie­ke oor­le­wing nie?

An­der­half de­ka­de ge­le­de, voor­dat die wie­le in die “nu­we” Suid-A­fri­ka be­gin af­kom het, het die vi­si­oe­nê­re F­re­de­rik Van Zyl Slab­bert in A­fri­ka­ner A­fri­kaan ge­skryf: “Wan­neer (A­fri­kaans­spre­ken­des) be­gin stand­punt in­neem, gaan nu­we waar­des uit­kris­tal­li­seer wat nu­we in­houd aan die be­grip ‘A­fri­ka­ner’ gaan gee. Vir my is dit so dui­de­lik soos dag­lig. E­ko­no­mie­se me­de­din­ging, dis­kri­mi­ne­ren­de bur­ger­skap, on­ge­ly­ke kul­tu­re­le en maat­skap­li­ke bron­ne, ras­se- en/of et­nie­se po­la­ri­se­ring lê ten grond­slag van die in­ten­si­teit of ge­brek daar­aan van kon­flik in mul­ti­kul­tu­re­le lan­de, of dit die voor­ma­li­ge sta­te van die Sow­jet-U­nie, Joe­goSla­wië, R­wan­da, Ni­ge­rië of Suid-A­fri­ka is.

“Ui­t­ein­de­lik gaan A­fri­kaans­spre­ken­des die pro­ble­me, ver­al in die kon­teks van die ‘nu­we Suid-A­fri­ka’, nie kan ver­my deur sag­te en sus­sen­de by­een­koms­te te re­ël tus­sen ge­brui­kers en pra­ters nie. Nóg die on­lang­se ver­le­de nóg die on­mid­del­li­ke toe­koms sal ons hier­die blaas­kans gun.”

En “A­fri­kaans­spre­ken­des sal ook hul eie smelt­kroes van waar­heid en ver­soe- ning moet deur­gaan om te be­paal of dit haal­baar is om A­fri­kaans in Suid-A­fri­ka te laat oor­leef,” het Slab­bert ge­skryf.

Ek wens hy was nog met ons om te sien hoe vin­nig sy woor­de waar ge­word het. Dis ’n wek­roep, eint­lik ont­stel­lend, dat Slab­bert Suid-A­fri­ka al in 1999 in die­self­de a­sem ge­noem het as sul­ke flits­pun­te van kon­flik soos die ou Sow­jet-U­nie, Joe­go-Sla­wië, R­wan­da en Ni­ge­rië. Ons is in­der­daad weer by ’n kruis­pad.

Ons sien dié i­ni­si­a­tief as deel van die smelt­kroes wat Slab­bert in sy boek noem, al­ler­mins ’n “sag­te en sus­sen­de by­een­koms”. Dus het ons ’n he­le hand­vol van A­fri­kaans se skerp­sin­nig­ste den­kers ge­vra om uit hul per­spek­tief te skryf oor waar die toe­koms vir A­fri­kaans en al haar men­se lê. Selfs of daar hoe­ge­naamd ’n toe­koms is.

Ons ver­wag nie dat die een of an­der groot volks­red­ding in Beeld se ko­lom­me ge­bo­re sal word nie. Dis ’n koe­rant wie se hoof­taak dit is om in te lig en te ver­maak. Koe­ran­te “red” nie vol­ke en ta­le nie. Pro­du­seer ook nie kits­op­los­sings nie.

Maar saam met an­der me­dia vorm hul­le die bloeds­om­loop­stel­sel van ’n land en ’n ge­meen­skap wat suur­stof na el­ke uit­hoek moet ver­voer. Dis wat ons wil doen. Met prik­ke­len­de lees­stof.

Ons gaan hard en ro­buus praat en stry. Dis goed so. Die doel van de­bat is im­mers nie om die an­der ou te oor­reed nie, dis om me­kaar se stand­pun­te oor en weer te hoor. En ho­pe­lik ag­ter­na te be­dink. Ons deel­ne­mers is ’n wyd uit­een­lo­pen­de span­ne­tjie.

Ons het groot ver­wag­tin­ge van die re­ak­sies wat ons van le­sers gaan kry.

En, dalk, net dalk, doen ons in die vol­gen­de paar we­ke iets wat een­dag meer as ’n voet­no­ta in die ge­skie­de­nis sal wees.

Die A­fri­ka­ner het se­dert sy ont­staan voor ver­skeie keu­ses te staan ge­kom wat nie net die ge­skie­de­nis in ’n se­ke­re rig­ting ge­lei het nie, maar ook die groep se wil vir oor­le­wing sou be­klem­toon.

Dit sluit on­der meer in die keu­ses om tot stand te kom deur die Boe­re­re­pu­blie­ke, vir A­fri­kaans, die ra­di­ka­li­se­ring van A­fri­ka­ner­na­si­o­na­lis­me, die keu­se teen bruin men­se, vir a­part­heid en stag­na­sie, die oor­win­ning van 1948 en die prys­ga­we van mag in 1994.

Hoe in­tens baie A­fri­ka­ners die oor­win­ning van 1948 ge­voel het, is uit­ste­kend ver­woord in ’n hoof­ar­ti­kel van Die Bur­ger op 31 Mei 1948, net vyf dae ná die ver­kie­sing:

“Hoe tuis voel ’n mens hom nie weer in sy eie va­der­land nie! So was dit nie in die af­ge­lo­pe ja­re nie. Die na­si­o­naal ge­sin­de A­fri­ka­ner . . . het hom on­wel­kom, selfs on­vei­lig in die land van sy va­de­re ge­voel . . . Hy het hom dik­wels ’n ont­erf­de ge­voel, ’n vreem­de­ling wie se er­fe­nis in an­der han­de oor­ge­gaan het. As­of met ’n to­wer­slag het dit al­les ver­an­der. Die A­fri­ka­ner­volk het uit die stof van sy ver­ne­de­ring op­ge­staan.” Maar die oor­win­ning het ook aan­lei­ding ge­gee tot die ver­druk­king van die swart en bruin Suid-A­fri­ka­ners en tot ’n ver­de­re st­rug­gle teen wit oor­heer­sing. Ook dié stryd is met groot bit­ter­heid – en dié keer met grow­we ge­weld aan al­bei kan­te – ge­voer tot­dat ’n ra­si­o­ne­le keu­se in die ja­re van 1990 tot 1994 ge­maak is dat prys­ga­we van mag aan die swart meer­der­heid min­der na­de­le as die voort­set­ting van die kon­flik sou in­hou. Dit het ge­lei tot die eer­ste ten vol­le de­mo­kra­tie­se ver­kie­sing van 27 A­pril 1994 en die mags­oor­na­me van die re­ge­ren­de ANC, wat deur die mees­te wit A­fri­ka­ners de­ka­des lank as hul doods­vy­and be­skou is.

Wat baie wit men­se as on­denk­baar be­skou het, het ge­beur. Die swar­tes het oor­ge­neem. Weer, soos in 1902, is die wit A­fri­ka­ners hul self­be­skik­king kwyt. Weer is dit an­der wat voort­aan sou be­sluit wat ge­beur. Weer word teen A­fri­kaans ge­dis­kri­mi­neer. Weer word dit – dié keer deur die in­voer van reg­stel­len­de ak­sie – moei­lik vir ver­al jong wit A­fri­ka­ners (en bruin men­se) ge­maak om in die staats­diens en pri­va­te sek­tor werk te kry. Dis waar, in die ge­heel ge­no­me het die A­fri­ka­ners e­ko­no­mies ’n “sag­te lan­ding” ge­had. On­danks die feit dat hon­derd­dui­sen­de wit men­se – on­der wie tal­le A­fri­ka­ners – arm­blan­kes ge­word het, het die mees­te e­ko­no­mies nie ag­ter­uit ge­gaan nie. Nie­te­min is baie A­fri­ka­ners – hoe­wel lank nie al­mal nie – op gees­te­li­ke vlak weer, net soos des­tyds, ver­dwaas, ra­de­loos, red­de­loos, moe­de­loos en lei­er­loos. Soos so­veel keer te­vo­re be­sluit som­mi­ge A­fri­ka­ners in­der­daad om hul taal die rug toe te keer. An­der e­mi­greer na die bui­te­land of na bin­ne, na ma­te­ri­a­lis­me en per­soon­li­ke be­sit­tings.

Die vraag is nou: Hoe moet A­fri­ka­ners op die nu­we si­tu­a­sie re­a­geer? Het mo­der­ne A­fri­ka­ners dit in hul­le om hul­le by die nu­we werk­lik­heid van die ver­lo­re heer­skap­py neer te lê en dit bin­ne die prak­tie­se be­per­kings in ’n her­won­ne toe­koms te om­skep? Het hul­le die gees­te­li­ke, die e­mo­si­o­ne­le en die in­tel­lek­tu­e­le krag om die ver­lies van mag te bo­we te kom en nie al­leen te oor­leef nie, maar iets groots in die prak­tyk tot stand te bring? Sal van hul­le ge­sê word dat hul­le in ’n kri­sis­tyd deur die smelt­kroes ge­gaan en ster­ker an­der­kant uit­ge­kom het? Of sal hul­le sag­kens, soos ’n kers on­der ’n maat­em­mer, uit­ge­doof word?

Die groot vraag is ui­t­ein­de­lik: Het die A­fri­ka­ners die­self­de kol­lek­tie­we wil om te oor­leef as ’n eeu ge­le­de? Die vraag sal in die ko­men­de de­ka­des be­ant­woord word. N.P. van Wyk Louw het in een van sy ge­skrif­te uit­ge­wei oor die vraag wan­neer die A­fri­ka­ners kan op­hou be­staan. Een moont­lik­heid was “dat die meer­der­heid van die men­se dit nie meer die moei­te werd ag om as volk a­part voort te gaan nie”.

Dit ge­beur wan­neer men­se “voel dat die gees­tes­le­we van hul groep nie meer vir die in­di­vi­du ge­noeg is om van te be­staan nie; wan­neer die groeps­le­we vir die en­ke­ling ’n ge­van­ge­nis word; wan­neer die taal te wei­nig bied om die hon­ger van die ver­stand te ver­sa­dig; die gang­ba­re ge­dag­tes van die volk, ver­star­rend, die mens i­so­leer van die ruim wê­reld daar­bui­te . . . ”

Met an­der woor­de, het A­fri­ka­ners die gees­te­li­ke spier­krag en deur­set­tings­vemoë om ’n aan­ge­pas­te i­den­ti­teit in nu­we om­stan­dig­he­de te ont­wik­kel?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.