Mid­del­blad

Met­ter­tyd leer jy ras dui nie op ge­drag nie

Beeld - - Middelblad -

As ons ’n vreem­de spe­sie of in­di­vi­du ont­moet, is ons eer­ste en baie be­staan­ba­re be­hoef­te om hom/haar te i­den­ti­fi­seer en te klas­si­fi­seer.

Ons wil ver­al da­de­lik weet of dit vriend of vy­and of be­te­ke­nis­loos of neu­traal is.

In die na­tuur hang ’n mens se le­we daar­van af en in die be­to­noer­woud dalk nie min­der nie. Uit die aard van ons sin­tuie maak ons eer­ste en be­lang­rik­ste staat op wat ons da­de­lik en van ’n vei­li­ge af­stand af kan sien.

Dan bring ons dit in ver­band met wat ons weet of dink ons weet en dan vorm ons ’n oor­deel. En selfs al weet ons by­voor­beeld 80% van slan­ge is to­taal on­skul­dig en on­ska­de­lik, slaan ons dan vir die wis en die on­wis al­les wat lang­wer­pig en son­der po­te is dood.

Die pro­bleem met “op sig i­den­ti­fi­seer” is dat dit wat ons eint­lik wil weet nie nood­wen­dig sig­baar is nie. Eeue lank al i­den­ti­fi­seer ons plan­te en die­re op hul voor­koms en nou nog ont­dek ons groot fou­te in die klas­si­fi­ka­sie.

Wat ons eint­lik wil klas­si­fi­seer, is ver­want­skap­pe, maar on­ver­wan­te goed lyk soms op ’n haar na me­kaar (soos Suid-A­me­ri­kaan­se en Suid-A­fri­kaan­se vet­plan­te) en dan weer na­ver­wan­te goed ver­skil op die oog af he­mels­breed.

A­ri­sto­te­les het ons eint­lik twee en ’n half mil­len­nia ge­le­de teen die mis­tas­ting ge­waar­sku. Hy stel baie dui­de­lik vas: ’n Spe­sie word ge­ken­merk deur sy rol in die na­tuur; deur die ma­nier hoe hy dit ver­vul (sy ge­drag); en – eers der­dens en deels weens een en twee – sy fi­sie­ke voor­koms.

Wat ons eint­lik wil weet by ’n nu­we ont­moe­ting, is: Wat gaan dié een doen en hoe?

Mil­joe­ne ja­re lank was ons le­wens af­hank­lik van ’n on­feil­ba­re op-sig-on­der­skei­ding van men­se in “hul­le” en “ons” so­dat ons die klein­ste ge­ne­tie­se ver­skil­le van ’n ge­sig af kan “lees”. Laat staan grow­we ver­skil­le, soos kleur, oog­vorm en haar­soort. Soos wat die on­der­skei­de met vreed­sa­me han­del en kul­tuur uit­rui­ling be­te­ke­nis ver­loor het, het ’n an­der be­hoef­te van klas­si­fi­ka­sie ont­staan. Dié was nie in ui­ter­li­ke ken­mer­ke sig­baar nie. ’n Mens wou weet of ie­mand skelm of be­trou­baar is. Of hy vre­de­lie­wend of ge­weld­da­dig is.

’n Fa­mi­lie­mens of sek­su­e­le per­vert. En dié kan ’n mens on­ge­luk­kig nie sien nie.

Nie of men­se nie pro­beer het om voor­koms met ge­drag te kop­pel nie. In die tyd van die hek­se­ver­bran­ding in Eu­ro­pa is tien­dui­sen­de jong vroue ver­brand oor hul­le te mooi en ver­lei­de­lik ge­lyk het. Dit het waar­skyn­lik nie veel ge­doen vir die ge­ne­ti­ka van aan­trek­lik­heid in ons stam­vol­ke nie, nog min­der aan hek­se­ry. ’n An­der voor­beeld was ge­sig- en ske­del­me­tings, wat baie ge­wild was in die laat 19de eeu, in die hoop om so­doen­de moor­de­naars te i­den­ti­fi­seer voor­dat hul­le nog moor.

Die il­lu­sie dat voor­koms ’n be­trou­ba­re aan­dui­der vir ge­drag is, leef van­dag nog voort in ras­sis­te, wat die won­der­lik­ste voor­spel­lings kan maak vir die ge­drag van el­ke ras se le­de (be­hal­we hul eie waar hul­le ge­re­de­lik toe­gee dat jy “al­le soor­te” kry). Net tyd leer ’n mens dat ras on­ge­luk­kig nie be­trou­baar vir ge­drag is nie. Mis­kien is die af­kap van vin­gers van die­we en brand­mer­ke op die voor­kop­pe van moor­de­naars nie so ’n sleg­te i­dee nie.

Dit sal be­slis die an­gel uit ras­sis­me uit­haal!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.