Noor­de se sko­le val vas op week

Beeld - - Middelblad - Han­nes Nie­na­ber

Kim­ber­ley. – Die in­druk­wek­kend­ste sko­le­rug­by-ver­to­ning tot dus­ver van­jaar is gis­ter deur Gi­an­ni Lom­baard, heel­ag­ter van die Ho­ër Jon­gen­skool Paarl, ge­le­wer.

Lom­baard het al sy span se pun­te in sy oor­win­ning van 2925 oor die A­fri­kaan­se Ho­ër Seun­skool van P­re­to­ria aan­ge­te­ken. Dié span­ne was slaags in die hoof­wed­stryd van die laas­te dag van die Wil­de­kla­wer-toer­nooi hier.

Dit was Bois­haai se 29ste ag­ter­een­vol­gen­de se­ge. Af­fies was tot voor die wed­stryd nog on­oor­won­ne en is as die voor­ste sko­le­span in die land be­skou.

Bois­haai het 2015 as Suid-A­fri­ka se voor­ste span af­ge­sluit.

Dit was ’n ti­ta­nie­se stryd en die uit­slag was tot op die ein­de in die weeg­skaal. Af­fies se skrum­ska­kel, Jack Hart, be­hoort van­jaar baie na­by aan die na­si­o­na­le sko­le­span te kom, ter­wyl die vas­kop­stut, Ar­no van Wyk, ook ’n ys­ter was.

Bui­ten Lom­baard het sy kap­tein en slot, Sal­maan Moe­rat, ook fi­siek on­der Af­fies in­ge­klim.

Die K­wag­gas van die Ho­ër­skool Ou­te­ni­qua het Mo­nu­ment van Kru­gers­dorp ’n rug­by­les ge­leer in sy se­ge van 40-25.

Die K­wag­gas het ge­wys vaart en ver­nuf is meer werd as fi­siek­heid en hul­le was teen rus­tyd reeds met 34-5 voor.

Ver­al die bin­ne­sen­ter, JP Du­ve­na­ge, en die heel­ag­ter, T­ri­stan Fou­rie, het te veel vrae aan Mon­nas se ver­de­di­ging ge­vra.

Mon­nas het wel in die t­wee­de helf­te sterk te­rug­ge­veg ná Fou­rie in die koel­kas was.

G­rey-kol­le­ge het Oak­da­le Land­bou se on­oor­won­ne sta­tus van­jaar met ’n se­ge van 48-23 tot ’n ein­de ge­bring.

Die span van die Ro­se­stad was met ’n ag­ter­stand van 7-16 teen rus­tyd in die moei­lik­heid, maar het ui­t­ein­de­lik te veel skiet­goed vir Oak­da­le ge­had.

G­rey se agt­ste­man, Di­an S­choon­ees, en die stut, Nau­dé Nau­dé, het el­ke keer ver veld ge­wen wan­neer hul­le die bal on­der die arm vas­ge­knyp het.

Die bui­te­sen­ter, Jan­co van Hey­nin­gen, se vaart was ook te veel vir Oak­da­le.

Paarl Gim­na­si­um was in ’n op­win­den­de wed­stryd met 38-22 baas oor EG Jan­sen van Boks­burg.

Die twee span­ne het met die tel­ling op 31-17 in Paarl Gim­na­si­um se guns gaan rus.

Paarl Gim­na­si­um het ook op die har­de ma­nier ge­leer dat Jan­sies se los­ska­kel, Ru­ben Bey­tell, nie vir ’n en­ke­le oom­blik al­leen ge­los kan word nie.

Bey­tell het Gim­mies se doel­lyn d­rie keer oor­ge­steek.

Dié los­ska­kel van Boks­burg het al 16 drieë in sy span se tien wed­stry­de tot dus­ver van­jaar ge­druk.

Di­a­mant­veld moes aan sy voor­sprong van 22-17 klou om ui­t­ein­de­lik as oor­win­naars van die veld teen HTS Mid­del­burg se Rooi Bul­le te stap.

Di­a­monds se sen­ter Et­de­on G­rey­ven­stein en die agt­ste­man, Ja­c­ques Ac­ker­man, het die groot­ste by­dra­es met hul ver­to­nings tot die se­ge ge­le­wer.

Die Rooi Bul­le se kap­tein en flank, JC P­re­to­ri­us, was sy skit­te­ren­de self.

Dié blon­de­kop-kant­man het die veld vol ge­speel.

Paul Roos Gim­na­si­um se SA Sko­le-los­ska­kel, Da­mi­an Wil­lem­se, was weer op sy stuk­ke teen Men­lo­park.

Hy is vir sy ver­to­ning met die toe­ken­ning as S­pe­ler van die Wed­stryd in die se­ge van 32-5 be­loon.

Noord-Kaap het die bord­jies in ’n wip­plank­stryd teen Wel­kom Gim­na­si­um met 34-32 ver­hang.

Gim­mies het die krag­me­ting tus­sen die twee span­ne vroe­ër van­jaar oor­tui­gend met 32-5 ge­wen. Nort­herns se heel­ag­ter, Ca­me­ron Huf­ke, het ná speel­tyd reeds ver­stre­ke was ’n straf­doel oor­ge­klits om die se­ge te ver­se­ker. Pun­te­ma­kers: Ou­te­ni­qua 40 (34): Drieë: JP Du­ve­na­ge (2), Lan­ce Lam­precht, Brad­ley Kie­wietz, Wil­co du P­reez. Doel­skop­pe: Ja­mes­Hen­ry Mol­lent­ze (3). Straf­doe­le: Du­ve­na­ge (3).

Mo­nu­ment 25 (5): Drieë: Lu­ke Ros­souw, Ca­me­ron S­hut­z­ler, Jan­dré Bo­tha, PJ Bo­tha, PJ Ja­cobs.

Paarl Gim­na­si­um 38 (31): Drieë: Mul­ler du P­les­sis (2), Mul­ler Uys, Wi­an van Zyl, Zak Bur­ger, Jan Jor­daan. Doel­skop­pe: T­heo Bos­hoff (4).

EG Jan­sen 22 (17): Drieë: Ru­ben Bey­tell (3). Doel­skop­pe: Gin­ter S­muts (2). Straf­doel: S­muts.

G­rey­kol­le­ge 48 (7): Drieë: Henk Cil­liers, Jan­co van Hey­nin­gen, Di­aan S­choon­ees, Da­vid K­riel, Ju­an Ven­ter, Wi­han Klop­pers, Ja­co van Ton­der. Doel­skop­pe: Chris­to­pher S­chreu­der (5). Straf­doel: S­chreu­der.

Oak­da­le Land­bou 23 (16): Drieë: Xa­vier Swart­booi, Ja­co S­mit. Doel­skop­pe: Dar­ren A­do­nis (2). Straf­doe­le: Jay­Cee Nel (2), A­do­nis.

Noord­Kaap 34 (14): Drieë: Glad­win Nieu­wen­huy­zen, Marc Ait­ken, Con­rad van As­we­gen, Ca­me­ron Huf­ke. Doel­skop­pe: Huf­ke (4). Straf­doe­le: Huf­ke (2).

Wel­kom Gim­na­si­um 32 (15): Drieë: Ro­nal­do For­tuin, Du­ke Jan­tjies, JJ S­chee­pers, Ja­son Wag­man. Doel­skop­pe: Andrew Ko­ta (3). Straf­doe­le: Ko­ta (2).

Paul Roos Gim­na­si­um 32 (8): Drieë: Da­neel S­tein­man, Ly­le Hen­dricks, Jos­hua Ver­meu­len, Da­mi­an Wil­lem­se, Da­vd­Ley Mo­ses. Doel­skop­pe: Wil­lem­se (2). Straf­doel: Wil­lem­se. Men­lo­park 5 (0): D­rie: Ru­ben F­leis­chau­er.

Di­a­mant­veld 22 (22): Drieë: Et­de­on G­rey­ven­stein, De­an Ac­ker­mann, Ti­mothy Har­ding. Doel­skop­pe: C­har­les Wil­li­ams (2). Straf­ doel: Wil­li­ams.

HTS Mid­del­burg 17 (7): Drieë: Zan­der Jou­bert, JC P­re­to­ri­us, Ja­pie K­leyn­hans. Doel­skop: Rie­kert Bar­nard.

Sel­bor­ne Col­le­ge 60 (27): Drieë: Jos­hua Arm­strong, Mi­les Nor­ton, Ca­me­ron Moodie, An­dré Rust, Dar­ren Lem­mer, A­fi­ka N­di­ni­sa, S­te­phan Nieu­wen­hui­zen, San­go Xam­las­he. Doel­skop­pe: Xam­las­he (7). Straf­doe­le: Xam­las­he, Da­vid Coet­zer.

Lou­is Bo­tha 10 (7): D­rie: Mar­vin Rui­ters. Doel­skop: Ret­ha­bi­le M­za­mo. Straf­doel: M­za­mo.

Gars­fon­tein 19 (0): Drieë: Em­bro­se Pa­pier, Ryno Pie­ter­se, Lin­coln Da­niels. Doel­skop­pe: Ab­ner van Ree­nen (2).

S­tel­len­berg 18 (7): Drieë: Lan­ce Jur­gens, Jo­ hann van der Mer­we. Doel­skop: Ru­ben S­choltz. Straf­doe­le: S­choltz (2).

Bo­land Land­bou 30 (17): Drieë: Lou­is Fry­linck, Jan­lu S­teen­kamp, Jan­dré Ma­ree. Doel­skop­pe: Du­ren Hoff­man (3). Straf­doe­le: Hoff­man (3).

Wa­ter­kloof 20 (20): Drieë: Re­nal­do Dor­lf­ing (2), Gi­o­van Sy­man. Doel­skop: Du­hann Gun­ter. Straf­doel: Gun­ter.

Ho­ër Jon­gen­skool Paarl 29 (19): Drieë: Gi­an­ni Lom­baard (2). Doel­skop­pe: Lom­baard (2). Straf­doe­le: Lom­baard (5).

Af­fies 25 (11): Drieë: Mar­nus Pot­gie­ter, S­chalk Eras­mus, Ca­bous Eloff. Doel­skop­pe: Ru­an de S­wardt (2). Straf­doel: De S­wardt. S­kep­doe­le: De S­wardt (2).

Fo­to: EMILE HEN­DRICKS

Re­nal­do Dorf­ling van Wa­ter­kloof druk een van sy span se drieë teen Bo­land Land­bou gis­ter in die Wil­de­kla­wer­toer­nooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.