Way­de wel in 400 in Bloem in ak­sie

Beeld - - Middelblad - Ti­nus van S­ta­den

Bloem­fon­tein. – Way­de van Nie­kerk, die wê­reld­kam­pi­oen in die 400 m, sal wel die ko­men­de na­week hier op die Suid-A­fri­kaan­se Ope-by­een­koms in ak­sie wees.

Hy sal net aan dié i­tem deel­neem.

Dit sal die eer­ste van moont­lik vier 400 m-wed­lo­pe wees voor­dat hy die goue me­dal­je op die O­lim­pie­se S­pe­le in Rio de Ja­nei­ro, Bra­si­lië, in Au­gus­tus in sy vi­sier het.

“Way­de sal aan die 400 m deel­neem. Dit is maar ter wil­le van oe­fe­ning, nie te erns­tig nie,” het sy af­rig­ter, Ans Bo­tha, ge­sê.

Daar was vroe­ër nog nie se­ker­heid of Van Nie­kerk sal deel­neem nie, maar hy sal op dié by­een­koms sy laas­te 400 m op tuis­bo­dem voor die S­pe­le hard­loop.

“Ons sal daar­na net oe­fen en voor­be­rei voor­dat hy op 2 Ju­nie in Ro­me weer ’n 400 m sal hard­loop,” het Bo­tha ge­sê.

Van Nie­kerk se a­gent, Peet van Zyl, sê hul­le wil hê hy moet weer plaas­lik deel­neem voor­dat hy oor­see gaan.

“Die me­de­din­ging be­hoort straw­wer te wees as wat die ge­val op die Suid-A­fri­kaan­se kam­pi­oen­skaps­by­een­koms (in S­tel­len­bosch) was,” het Van Zyl ge­sê.

Van Nie­kerk het in S­tel­len­bosch die 400 m in 44.98 s ge­wen. Sy wê­reld­re­kord­tyd is 43.48 s.

Ná Ro­me sal Van Nie­kerk in Ja­mai­ka deel­neem op ’n by­een­koms waar groot na­me soos Yo­han Bla­ke ook in ak­sie sal wees.

Die 23-ja­ri­ge Bloem­fon­tei­ner sal daar aan ’n 300 m-wed­loop deel­neem.

Daar­na sal Van Nie­kerk sy der­de 400 m in Bos­ton in A­me­ri­ka voor die S­pe­le hard­loop.

“Dié by­een­koms neem die plek van die New York-Di­a­mant­li­ga-by­een­koms,” het Van Zyl ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.