Klag­tes kom teen ses­tal

Vyf van hul­le het vir Li­ons ge­speel

Beeld - - Middelblad - Heinz S­chenk

Jo­han­nes­burg. – Die Li­ons se fi­na­li­se­ring van sy ge­kon­trak­teer­de groep spe­lers vir aan­staan­de sei­soen be­te­ken K­rie­ket Suid-A­fri­ka (KSA) se on­der­soek na wedstrydknoeiery in ver­le­de sei­soen se plaas­li­ke T20-reeks kom ook tot ’n ein­de.

Net­werk24 ver­neem dié be­heer­lig­gaam sal van­dees­week lui­dens sy teen­kor­rup­sie­be­leid amp­te­li­ke klag­te aan­han­gig maak teen ses spe­lers wat be­trek word by die skan­daal.

Vyf van dié spe­lers – wat die ge­we­se Pro­tea-spe­lers T­ha­mi T­so­le­ki­le en Lon­wa­bo T­sot­so­be in­sluit – was ver­le­de sei­soen nog by die Li­ons ge­kon­trak­teer.

G­reg F­re­de­ricks, uit­voe­ren­de hoof van die fran­chi­se, het vroe­ër be­ves­tig hy moes spe­si­a­le ver­gun­ning van KSA kry om die sper­da­tum vir sy kon­trak­te­ring uitgestel te kry weens on­se­ker­he­de aan­gaan­de die on­der­soek.

Net­werk24 is in be­sit van die lys van 16 voor­lo­pi­ge ge­kon­trak­teer­de spe­lers en die na­me wat weg­ge­laat is be­ves­tig hul waar­skyn­li­ke be­trok­ken­heid by knoei­e­ry.

Een van die spe­lers is ’n ge­sou­te en be­sten­di­ge naat­bou­ler, ter­wyl die an­der een voor­heen groot wel­slae as ’n veel­sy­di­ge s­pe­ler be­haal het. ’n Jong kol­wer van die Li­ons is ook be­trek.

Die e­nig­ste van die ses wat nie vir die Li­ons ge­speel het nie, is Ethy M­bha­la­ti, ’n staat­ma­ker van die Ti­tans.

Hul­le is al­mal deur Gu­lam Bo­di, ge­we­se kol­wer van die Pro­te­as en Li­ons, ge­na­der om deel te wees van ’n knoei­net­werk wat sy on­wet­ti­ge han­de­lin­ge glo uit Du­bai be­dryf.

Bo­di, wat as mid­del­man op­ge­tree het, is in Ja­nu­a­rie vir 20 jaar uit k­rie­ket ge­skors.

Dit lyk wel as­of Al­vi­ro Pe­ter­sen, wat in Maart op T­wit­ter er­ken het hy was ook een van die spe­lers wat ge­na­der is en as fluit­jie­bla­ser op­ge­tree het, nie on­der ver­den­king is nie.

Dié voor­ma­li­ge Pro­tea-aan­vangs­kol­wer het KSA se teen­kor­rup­sie­be­amp­tes eers d­rie dae na­dat hy ge­na­der is in ken­nis ge­stel, wat teg­nies ’n oor­tre­ding van KSA se ge­drags­ko­de is.

Spe­lers word ver­plig om die be­heer­lig­gaam da­de­lik in ken­nis ge­stel.

Pe­ter­sen se naam ver­skyn in die groep van ge­kon­trak­teer­de spe­lers by die Li­ons vir 2016-’17.

S­cott kwa­li­fi­seer vir S­pe­le in 10 000 m Hoë hek­kie vir An­der­son in te­rug­keer na baan

Al­vi­ro Pe­ter­sen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.