Ma­ties der­de keer bo

Beeld - - Middelblad - O­wen Kock

Bloem­fon­tein. – Die Ma­ties het hul der­de Var­si­ty-se­wes­rug­by­reeks ge­wen toe hul­le gis­ter in Kaap­stad die U­ni­ver­si­teit van Wes-Kaap­land met 19-5 in die eind­stryd ge­klop het.

Die eind­stryd was nie se­wes­rug­by vir ’n fyn­proe­wer nie, maar die tel­bord sê Ma­ties het ge­wen en dit was goed ge­noeg.

Die S­tel­len­bos­sers het hul kan­se be­ter be­nut as UWK en daar­by het ’n ge­brek aan dis­si­pli­ne UWK ook duur te staan ge­kom.

Pie­ter S­choon­raad, wat as S­pe­ler van die Toer­nooi aan­ge­wys het, het die sep­ter ge­swaai vir Ma­ties.

Kort voor die rus­tyd­fluit­jie het Niey­aas John­son ’n bal wyd ont­vang en die Ma­ties se Car­lis­le Nel ge­klop om UWK se e­nig­ste d­rie te druk. Die rus­tyd­tel­ling was 5-5.

Paul de Wet het ná rus­tyd gaan druk om Ma­ties met 12-5 te laat voor­loop. Hy het kort voor die ein­de ’n t­wee­de d­rie ge­druk.

Die Puk­ke het die Tuk­kies, ver­le­de jaar se fi­na­lis, met 17-0 ge­klop om die brons­me­dal­je te wen.

Tuk­kies het in die eer­ste paar mi­nu­te in die Puk­ke se half­ge­bied ge­boer, maar kon nie daar­in slaag om pun­te aan te te­ken nie.

Die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad se I­keys het die Bo­w­l­eind­stryd ge­wen toe hul­le die Ma­di­baz van die Nel­son Man­de­la­baai Me­tro­po­li­taan­se U­ni­ver­si­teit met 24-19 ge­klop het.

Rayn­oe Ma­poe het eer­ste d­rie vir die I­keys ge­druk.

Paul Hend­ry en Brad Jan­se van Rens­burg het in by­ko­men­de tyd ge­druk om I­keys met 24-19 te laat wen.

Ver­le­de jaar se kam­pi­oen, die Ko­v­sies van Bloem­fon­tein, het die Plaat-eind­stryd ge­wen toe hul­le die U­ni­ver­si­teit van Jo­han­nes­burg met 31-26 ge­troef het.

Kort voor die ein­de van was UJ nog met 26-19 op pad na ’n se­ge, maar die Ko­v­sies het van­uit hul kwart­ge­bied aan­ge­val.

Re­nier Bo­tha het die wen­drie in die krag­spel ge­druk om Ko­v­sies met 31-26 te laat se­ë­vier.

Waar­de­vol­ste s­pe­ler: Paul de Wet (Ma­ties); Beste aan­val­len­de s­pe­ler: Ro­nald Bro­wn (UJ); Ver­de­di­ger van die Toer­nooi: Dund­re Ma­ritz (Ma­di­baz); S­pe­ler van die Toer­nooi: Pie­ter S­choon­raad (Ma­ties).

Fo­to: THYS LOM­BARD

Vreug­de in die Ma­ties­kamp ná hul se­ge oor UWK in die Var­si­ty­se­westoer­nooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.