Tyd om ho­ë­bal­re­ël te her­sien

Beeld - - Middelblad -

van die na­re ge­vol­ge van die be­roep­se­ra is dat al­mal se mon­de ge­snoer is.

Noem ’n af­rig­ter ’n ding op sy naam, wag daar dalk ’n he­wi­ge boe­te op hom. Ge­volg­lik is dit nie die moei­te werd om ’n skeids­reg­ter te kri­ti­seer of ’n be­slis­sing in die o­pen­baar te be­vraag­te­ken nie.

Rob­bie F­leck, die S­tor­mers se af­rig­ter, en sy e­we­knie van die Wa­ra­tahs, Da­ryl Gib­son, was se­ker reg om te sê dat die rooi­kaart aan die S­tor­mers Le­o­lin Zas die af­ge­lo­pe na­week “teg­nies kor­rek” was.

Die pro­bleem is juis met die woord “teg­nies”, want as jy eers só ’n uit­druk­king ge- bruik, kom dit soms neer op die ver­krag­ting van die gees van die spel. Rug­by is in sy we­se juis die ti­pe spel wat op siel, eer­der as die let­ter van die wet en teg­nie­se oor­we­gings, ge­skied.

Dit was vir e­nig­ie­mand dui­de­lik dat Zas nie die be­doe­ling ge­had het om die Wa­ra­tahs se Ber­nard Fo­ley leed aan te doen nie. Zas het ge­gly en Fo­ley se reg­ter­been ge­tref, wat daar­toe ge­lei het dat die Wa­ra­tahs-los­ska­kel sleg ge­val het.

Zas se pro­bleem was dalk die voor­val waar­in die Haaie se Bok-heel­ag­ter, Wil­lie le Roux, ewe hard ge­val het na­dat die High­lan­ders se Ja­son E­me­ry sy voe­te in die lug on­der hom uit­ge­neem het.

Maar soos die voor­ma­li­ge WP-af­rig­ter Da­wie Sny­man gis­ter ge­sê het, is dit ’n ge­val van ap­pels met pe­re te ver­ge­lyk. E­me­ry het Le Roux met voor­be­dag­te ra­de in die lug ge­speel en Zas was nie kwaad­wil­lig nie.

Zas se rooi­kaart en ge­paard­gaan­de s­kor­sing van twee we­ke laat die vraag ont­staan of dit hoe­ge­naamd nog die moei­te werd is om om be­sit in die lug mee te ding. In­dien nie, bly die gees van die spel in die slag.

Rug­by se be­ko­ring lê juis in die me­de­din­ging in die ver­skil­len­de fa­set­te – die fi­sie­ke stryd in die skrums, me­de­din­ging om be­sit in die lyn­sta­ne, die rol van bal­jag­ters en dies meer.

Dit voel dus ver­keerd dat ’n s­pe­ler wat om ’n hang­s­kop mee­ding, hom ’n geel- of rooi­kaart op die hals kan haal.

Die toe­pas­sing van dié re­ël het die S­pring­bok­ke ook by ge­leent­heid ge­kort­wiek. Op 2014 se jaar­eind­toer was geel­kaar­te aan A­dri­aan S­trauss en Cor­nal Hen­dricks ná me­de­din­ging om hoë bal­le be­pa­lend in ne­der­lae teen on­der­skei­de­lik Ier­land en Wal­lis.

Is dit nie tyd dat Wê­reld­rug­by dié re­ël her­sien nie?

) Hier­die skry­wer was nog nie ge­bo­re nie toe Ne­lie S­mith die Spring­bok-kap­tein was en ’n laai­tie toe hy die Bok­ke op hul toer van 1981 na Nieu-See­land ge­brei het.

Vir my was hy dus Oom Ne­lie – ’n man wat heer­li­ke staal­tjies kon ver­tel. Dit was my ’n voor­reg om met hier­die lie­we siel te kon ken­nis maak.

Soos dit ’n voor­ma­li­ge Bok­kap­tein én -af­rig­ter be­taam, het Oom Ne­lie die won­de van baie rug­by­po­li­tiek ge­dra.

As af­rig­ter het hy straks ’n moei­li­ker toer as e­ni­ge an­der voor of ná hom ge­had. Hy het die Bok­ke op 1981 se meel­bom­toer ge­brei en was aan die stuur van die span wat ’n “ge­hei­me” toets teen die VSA ge­speel het om be­to­gers te sy­stap.

Oom Ne­lie se by­drae was ys­lik en sy ge­sin hoort in dié moei­li­ke tyd in die Suid-A­fri­kaan­se rug­by­ge­meen­skap se ge­be­de.

Dit is ’n ge­val van ap­pels met pe­re te ver­ge­lyk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.