Seer S­mith be­hoort SA te pak

Beeld - - Middelblad - – Reuters, cric­ket.com.au

Syd­ney. – Die pols­be­se­ring wat die Aus­tra­lie­se krie­ket­kap­tein, S­te­ve S­mith, se In­die­se P­re­mier­liga (IPL) kort­ge­knip het, be­hoort hom nie veel lan­ger bui­te ak­sie te hou nie.

S­mith sal waar­skyn­lik saam­reis na die Ka­ri­bie­se Ei­lan­de, waar sy span aan­staan­de maand in ’n drie­hoe­ki­ge een­dag­reeks teen Suid-A­fri­ka en die Wes-In­die­se Ei­lan­de te staan kom.

S­mith het Vry­dag in die Ri­sing Pu­ne Su­per­gi­ants se wed­stryd teen die Gu­ja­rat Li­ons sy eer­ste T20-hon­derd­tal (101, 54 b) ge­mo­ker. Kort daar­na het hy die vier­de bui­te­land­se s­pe­ler ge­word wat die fran­chi­se aan ’n be­se­ring af­staan, toe hy be­sluit het om weens on­ge­mak in sy reg­ter­pols­ge­wrig huis­waarts te keer.

Die Su­per­gi­ants moes voor dit reeds af­skeid neem van Ke­vin Pie­ter­sen, Faf du P­les­sis en Mit­chell Marsh.

K­rie­ket Aus­tra­lië het ge­sê S­mith sal in Syd­ney be­han­del word met die oog op die drie­hoe­ki­ge reeks wat voor­lê.

“S­te­ve het in sy laas­te week in die IPL on­ge­mak van sy reg­ter­pols­ge­wig on­der­vind,” het A­lex Koun­tou­ris, K­rie­ket Aus­tra­lië se sport­we­ten­skap-be­stuur­der, ge­sê.

“Ons was in ver­bin­ding met sy fran­chi­se om dit te mo­ni­tor en dit het on­ge­luk­kig nie be­ter ge­raak nie. Hy moes ge­volg­lik te­rug­keer vir be­han­de­ling.

“Dit klink nie te erns­tig nie, maar ons sal hom nie­te­min ge­noeg tyd gee om te her­stel voor­dat ons aan die ein­de van die maand ver­trek.”

Die Aus­sies is reeds son­der die bou­ler John Has­tings, wat ’n en­kel be­seer het.

Hy was in ak­sie vir die Kol­ka­ta K­nig­ht Ri­ders toe hy on­ge­mak in sy been er­vaar het. S­kan­de­rings het ge­toon daar is “been­stres” in sy kuit­been, na­by sy en­kel.

’n O­pe­ra­sie het sy deel­na­me aan die drie­hoe­ki­ge reeks ge­dwars­boom. S­cott Bo­land is in sy plek ge­kies.

K­rie­ket Aus­tra­lië is ook nog nie se­ker van Marsh se fiks­heid nie. Hy het met ’n sy­be­se­ring te­rug huis toe ge­gaan.

Fo­to: GETTY IMAGES

S­te­ve S­mith be­hoort op sy pos te wees in die drie­hoe­ki­ge reeks tus­sen Aus­tra­lië, Suid­A­fri­ka en die Win­dies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.