Self­on­der­soek

Ac­kers oor­weeg dalk vars spe­lers

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Daar­om moet ons hard en erns­tig met me­kaar praat oor wat fout ge­gaan het en toe­sien dat dit reg­ge­stel word.

Jo­han­nes­burg. – Die Leeus sal in die vol­gen­de tien dae in­ten­se self­on­der­soek moet doen voor­dat hul­le die Blu­es op 14 Mei hier op El­lis­park die stryd aan­sê.

Die groot ne­der­laag met 17-50 die af­ge­lo­pe na­week teen die Hur­ri­ca­nes, gaan nie som­mer net so uit hul kle­re ge­skud word nie.

“As ’n groep sal ons in die spie­ël moet kyk en drin­gen­de vrae moet vra oor hoe ons te­rug op die wen­pad kan kom,” sê Jo­han Ac­ker­mann, die af­rig- ter.

“Daar wag nou ’n ka­rak­ter­toets op ons.”

Op die vraag of hy bly is hul­le het hier­die na­week ’n los­loot­jie, en of hy eer­der so gou as moont­lik weer op die “fiets” wou klim, het Ac­ker­mann ge­sê: “Uit ’n be­se­rings­oog­punt is dit goed dat ons nou af is.

“Maar ek glo dit sou goed ge­wees het as ons van­dees­week die ne­der­laag uit ons stel­sel kon kry en Sa­ter­dag weer kon speel en glim­lag­te op al­mal se ge­sig­te plaas met ’n oor­win­ning.”

Die knie­be­se­ring wat die los- ska­kel, El­ton Jan­tjies, op­ge­doen het, blyk nie so erns­tig te wees as wat aan­vank­lik ge­vrees is nie en die ver­wag­ting is dat hy reeds weer die daar­op­vol­gen­de Sa­ter­dag teen die Blu­es sal kan uit­draf.

“Dit gee ook vir Mal­colm Marx en Ju­li­an Re­de­ling­huys ge­noeg tyd om van hul be­se­rings te her­stel en oor­weeg te kan word,” sê Ac­ker­mann.

Hy wil nie té lank tob oor so ’n ne­der­laag nie en sê dit sou goed ge­wees het as hul­le reeds weer bin­ne se­we dae kon speel en die fou­te van dié drag slae kon reg­stel.”

Ac­ker­mann het toe­ge­gee die laas­te klom­pie we­ke se der­by­wed­stry­de teen on­der­skei­de­lik die Haaie, S­tor­mers en Kings het sy spe­lers se e­ner­gie ge­tap.

“Dit is dalk nou tyd dat ons na vars spe­lers kyk en van die ou­ens wat goed ver­toon in die Cur­rie­be­ker­span ’n kans gee,” het hy ge­sê.

Spe­lers wat Ac­ker­mann by na­me ge­noem het, is die slot­te Mar­tin Mul­ler en Lou­rens Eras­mus, die flank De­rick Min­nie en die sen­ter S­tok­kies Ha­ne­kom.

Die los­ska­kel Mar­nitz Bos­hoff kan ook be­trek word sou daar be­sluit word dat Jan­tjies dalk nou ’n rus­kans no­dig het.

“Ek glo nog steeds daar is ge­noeg ta­lent in hier­die span en dat hier­die ne­der­laag nie die ein­de van die wê­reld vir ons hoef te be­te­ken nie.

“Die Blu­es gaan ’n soort­ge­ly­ke toets wees as wat die Hur­ri­ca­nes was, want hul­le het ook groot en sterk spe­lers wat oor baie vaart be­skik.

“Hul­le het ook ’n baie aan­val­len­de be­na­de­ring en skroom nie om reg­uit en baie di­rek aan te val nie.

“Die vin­gers van be­skul­di­ging wat die Hur­ri­ca­nes-ne­der­laag be­tref, wys na ons­self en dit is net ons wat dit kan reg­stel,” sê hy.

“Daar­om moet ons hard en erns­tig met me­kaar praat oor wat fout ge­gaan het en toe­sien dat dit reg­ge­stel word,” sê Ac­ker­mann.

— JO­HAN AC­KER­MANN

Fo­to: CHRISTIAAN KOT­ZE

De­rick Min­nie kan dalk weer eers­daags vir die Leeus uit­draf na­dat hy meer as ’n jaar lank met ’n be­se­ring uit ak­sie was.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.