Lam­bie straks reg vir ’Ca­nes

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Jo­han­nes­burg. – Pa­trick Lam­bie se naam kan die na­week die eer­ste keer hier­die Su­per-sei­soen op ’n span­lys van die Haaie ver­skyn.

Die Dur­ba­nie­te het die ge­wig­ti­ge taak om die Hur­ri­ca­nes op Kings­park te stuit.

Lam­bie het gis­ter, ná die Haaie se te­rug­keer uit Nieu-See­land, saam met sy span­maats ge­oe­fen.

Hy het reeds in die eer­ste vriend­skap­li­ke wed­stryd van die sei­soen, teen Tou­lon in Frank­ryk, ’n erns­ti­ge skou­er­be­se­ring op­ge­doen wat hom die af­ge­lo­pe d­rie maan­de langs die kant­lyn ge­hou het.

Die ver­wag­ting is dat hy aan­vank­lik op die plaas­ver­van­gers­bank sal be­gin, met Garth A­pril wat sy plek as los­ska­kel in die be­gin­span be­hoort te be­hou.

Lam­bie sal sy te­rug­keer stel­sel­ma­tig maak en be­hoort eers in die t­wee­de helf­te teen die ’Ca­nes op te draf.

Sy ver­to­ning sal fyn dop­ge­hou word deur die Spring­bok-af­rig­ter, Al­lis­ter Coet­zee. Met Lam­bie eers op die plaas­ver­van­gers­bank, sal Kee­gan Da­niel waar­skyn­lik die kap­tein­skap be­hou.

Dit is ’n ope vraag of Be­ast M­ta­wa­ri­ra – wat tot voor die wed­stryd teen die High­lan­ders die kap­tein was, maar nie al­tyd in daar­die rol oor­tuig het nie – weer in die be­gin­span sal wees.

Hy het ver­le­de week vroeg te­rug­ge­keer huis toe om ge­noeg­sa­me rus­kans te kry en Ga­ry Gold en sy af­rig­ting­span sal moet be­sin of hul­le hom som­mer da­de­lik weer gaan in­span en of hy ook eers van­af die plaas­ver­van­gers­bank speel­kans gaan kry.

Dit lyk of die flank Ja­c­ques Pot­gie­ter, wat se­dert sy skuif van­af die Wa­ra­tahs na die Haaie nog glad nie vir sy nu­we span ge­speel het nie, eers oor so d­rie we­ke fiks ge­noeg sal wees om oor­weeg te word ná ’n be­se­ring wat hy in Ja­pan op­ge­doen het.

Die Haaie sal hoop hul los­voor­spe­ler-keu­ses ver­meer­der as P­hil­lip van der Walt ook weer oor­weeg kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.