Groot oor­loë her­leef in Pta

‘Rooi Ba­ron’ ook daar

Beeld - - Front Page - Han­ti Ot­to

Die A­me­ri­kaan­se sol­daat is moeg.

Om heel­og­gend met ’n swaar M60-ma­sjien­ge­weer die om­ge­wing vir vy­an­di­ge Vi­ët­na­me­se te fyn­kam, is nie kin­der­spe­le­tjies nie.

Nie ver van hom af nie staan die Rooi Ba­ron, Man­fred von Richt­ho­fen, kierts­reg­op in sy Duit­se u­ni­form by ’n grys Volk­sie.

Sy ge­vrees­de Eer­ste Wê­reld­oor­log-vlieg­tuig is nie daar nie.

Dit is im­mers nie mak­lik om so ’n oor­log­ma­sjien ja­re la­ter by die Voor­trek­ker­mo­nu­ment in P­re­to­ria staan te maak nie.

Soos al die an­der le­de van die Mi­li­ta­ry Col­lec­tors and Re-e­nact­ment So­cie­ty (MCRS) het hul­le vrien­de­lik saam met hul me­mo­ra­bi­lia van oor­loë van ver­skil­len­de e­ras vir fo­to’s ge­po­seer.

Die mo­nu­ment se Mi­li­tê­re Fees gis­ter is ge­ken­merk deur stal­le­tjies met ou u­ni­forms en wa­pens wat tus­sen weer­mag­ten­te deur men­se met hul on­ver­tel­de sto­ries ge­lok het.

Dit was die 11de keer dat die fees ge­hou is, maar die eer­ste keer dat die Suid-A­fri­kaan­se Na­si­o­na­le Weer­mag nie daar­aan deel­ge­neem het nie.

K­lein seun­tjies het nie eens no­dig ge­had om pa na ’n stal­le­tjie te sleep nie, want al­mal was ewe gre­tig om al­les te sien.

Saam met ou pa­troon­dop­pies wat kan ver­tel van ja­re ge­le­de se bloed en ly­ding, het an­tie­ke ge­weer­on­der­de­le ge­lê.

Bru­ce Went­zel het ’n spog-as­se- gaai te koop ge­had.

“Jan S­muts het dit des­tyds met die T­wee­de Wê­reld­oor­log vir die swart troe­pe ge­gee, want hy wou hul­le nie van vuur­wa­pens voor­sien nie.

“Die as­se­gaai is so lank soos ’n ge­weer met ’n ba­jo­net aan. Dit het ’n vin­ger­hol­te vir as hul­le op pa­ra­de ge­staan het so­dat al­mal se as­se­gaaie die­self­de hoog­te met die­self­de hoek was,” het hy die sto­rie ver­tel.

Bui­te op die gras­wal­le het men­se stof en wind ge­trot­seer om na ’n vlieg­ver­to­ning van ’n Alou­et­te­he­li­kop­ter te kyk.

Dit het doods­ver­ag­tend lood­reg in die lug op­ge­vlieg en ge­tol tot bo die toe­skou­ers se kop­pe.

“Daai vlieg­tuig was so na­by my!” het ’n k­lein seun­tjie groot­oog aan sy pa be­duie toe die he­li­kop­ter ver­der vlieg.

Hy het hom min aan sy pa se reg­stel­ling oor die soort vlieg­ma­sjien ge­steur.

Die ding was baie na­by aan hom en dit was die in­druk­wek­ken­de deel.

Fo­to: DEAAN VIVIER

As die e­nig­ma­tie­se Rooi Ba­ron, Man­fred von Richt­ho­fen, nie kierts­reg­op in sy Duit­se u­ni­form by sy vlieg­tuig kan pryk nie, sal ’n reg­te ou Duit­se Volks­wa­gen ook deug. Pier­re de Mar­dix, ’n ont­wer­per in die reg­te le­we, het ook self sy u­ni­form ge­maak.

Fo­to: DEAAN VIVIER

Hen­drik P­re­to­ri­us ver­teen­woor­dig ’n moeë A­me­ri­kaan­se sol­daat in die Vi­ët­nam­oor­log op die Voor­trek­ker­mo­nu­ment se Mi­li­tê­re Fees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.