Ne­lie S­mith ‘Hy eet en slaap rug­by tot sy dood’

S­mith speel vir Bok­ke, lei en rig af

Beeld - - Front Page - Ru­an Bru­wer

Ne­lie S­mith het tot en met sy dood “rug­by ge­ëet en ge­slaap”.

“My pa was ’n baie pas­sie­vol­le rug­by­ky­ker en steeds ’n lo­ja­le C­hee­tah-on­der­steu­ner,” sê sy oud­ste dog­ter, Ca­rin S­mith.

Die voor­ma­li­ge S­pring­bok­skrum­ska­kel (1963-’65), -kap­tein en -af­rig­ter is gis­ter­og­gend vroeg in sy huis in die S­trand aan hart­ver­sa­king dood. Hy sou Son­dag 83 jaar oud ge­word het.

Vol­gens Ca­rin was haar pa lank siek. “Hy het ’n pas­aan­ge­ër ge­had en het die laas­te ruk vin­nig ag­ter­uit­ge­gaan. Ons het dit dus ver­wag. Ge­luk­kig kon hy tot aan die ein­de tuis ver­sorg word.”

S­mith was die brei­er van die Vry­staat toe die span in 1976 vir die eer­ste keer die Cur­rie­be­ker ver­o­wer het.

Gy­sie Pie­naar, voor­ma­li­ge Spring­bok- en Vry­staat-heel­ag­ter, sê hy het S­mith “baie, baie goed ge­ken en ’n lang pad saam met hom ge­stap. Hy was my af­rig­ter van die heel be­gin af”.

“Hy het die ver­troue ge­had om my as 19-ja­ri­ge op heel­ag­ter Ron Ran­gi druk in 1965 die All Blacks se der­de d­rie in hul t­wee­de toets teen die S­pring­bok­ke. Te laat om te keer is Gert Bryn­ard en Ne­lie S­mith. Mick Wil­li­ment kom ook na­der. vir die Vry­staat te kies.”

Hy was ’n on­ge­loof­li­ke rug­by­ken­ner en rug­by­gees, sê Pie­naar.

“Hy kon ’n span goed by­me­kaar­bring. Hy was soos Dok Cra­ven. Hy het die spel ge­ken . . . hy was ’n groot gees; ’n men­se­ken­ner en op­reg­te mens.”

Vol­gens Pie­naar is S­mith se rug­by­na­la­ten­skap dalk net wat Suid-A­fri­kaan­se rug­by no­dig het.

“Kyk, rug­by het deur die ja­re ver­an­der, maar die ba­sie­se din­ge sal nooit ver­an­der nie.

“As ’n mens kyk na van­dag se rug­by­spe­lers, kan som­mi­ge van hul­le by­voor­beeld net een kant toe pass. Ne­lie het ge­sorg dat jou vaar­dig­he­de, jou ba­si­cs, al­tyd 100% reg was,” het Pie­naar ge­sê.

Die Spring­bok-le­gen­de F­rik du P­reez sê S­mith was on­der­kap­tein op ’n Spring­bok-toer Ni­euSee­land toe en ’n “baie lek­ker ou om mee saam te toer”.

“Hy het da­rem ’n reu­se-by­drae tot Suid-A­fri­kaan­se rug­by ge­le­wer.”

Die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru) het sy me­de­lye met S­mith se fa­mi­lie uit­ge­spreek.

“Oom Ne­lie was een van die beste. Dit is net ’n hand­jie­vol men­se wat vir die S­pring­bok­ke ge­speel het, kap­tein van die span was en ook die span af­ge­rig het.

“Sy rug­by­ken­nis was mas­sief en hy het die le­we van dui­sen­de spe­lers aan­ge­raak deur die ja­re wat hy af­ge­rig het,” het O­re­gan Ho­skins, pre­si­dent van Sa­ru, ge­sê.

“As ’n af­rig­ter was hy in groot aan­vraag. Sy be­na­de­ring tot ba­sie­se vaar­dig­he­de, soos fiks­heid en han­te­ring, was wel­be­kend en baie spe­lers ont­hou sy be­na­de­ring tot die rol­maal­be­we­ging met ’n glim­lag.”

Hy was meer as ’n de­ka­de lank ook ’n Spring­bok-keur­der.

S­mith het se­dert 2001 in die S­trand ge­woon.

Hy het ein­de 2000 sy af­rig­ting­sloop­baan by die Oos­te­li­ke Pro­vin­sie af­ge­sluit waar hy deur Al­lis­ter Coet­zee, hui­di­ge Bok-brei­er, op­ge­volg is.

Ca­rin sê sy het haar pa nooit hoor vloek nie en hy was nooit le­lik of on­ge­skik met e­nig­ie­mand nie.

“Le­on S­chus­ter het hom des­tyds met sy pro­gram Die vry­pos­ti­ge mi­kro­foon (waar­in hy oor die te­le­foon met men­se die gek ge­skeer het) pro­beer uit­vang, maar hy kon een­vou­dig nie my pa kwaad kry nie en kon ge­volg­lik nooit die ma­te­ri­aal vir die pro­gram ge­bruik nie.”

’n Ge­denk­diens sal in die S­trand ge­hou word S­mith en hy sal langs sy oor­le­de vrou, Or­na, in Bloem­fon­tein ter rus­te ge­lê word. Sy is in 1995 aan kan­ker dood.

Hy word ook deur sy dog­ter An­nien en ’n seun, Cor­ne­li­us, oor­leef.

Fo­to: NASIEF MANIE

Ne­lie S­mith in 2013 by die o­pe­ning van die Rug­by­mu­seum in Kaap­stad. Hy was toe reeds swak, sê sy dog­ter Ca­rin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.