S­kor­sing vir Zas

Beeld - - Front Page - S­te­phen Nell

Kaap­stad. – Ter­wyl die S­tor­mers ’n los­loot­jie het, sal hul af­rig­ter, Rob­bie F­leck, straks sy aan­dag ver­skuif na die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie.

Die WP-span kom Sa­ter­dag in die Pro­vin­si­a­le Reeks teen ’n Haaie-15tal in Dur­ban te staan.

F­leck moet ’n plaas­ver­van­ger vir die vleu­el Le­o­lin Zas vind voor­dat die S­tor­mers na Sin­ga­poer reis vir hul wed­stryd op 14 Mei teen die Sun­wol­ves.

Zas is tot dan ge­skors vir die rooi­kaart wat hy die af­ge­lo­pe na­week ge­kry is. Die S­tor­mers-vleu­el het ’n hang­s­kop van Lou­is S­chreu­der op­ge­volg toe hy die Wa­ra­tah-los­ska­kel Ber­nard Fo­ley se reg­ter­been ge­tref het ter­wyl dié in die lug was.

Die regs­be­amp­te, Ni­gel Hamp­ton, het da­rem die feit dat Zas ge­gly het, in be­re­ke­ning ge­bring. Hy is vir twee we­ke ge­skors, eer­der as die d­rie wat nor­maal­weg in só ’n ge­val aan­be­veel word.

“Ek het ge­skre­we be­wys ge­kry dat hy vir die WP teen die Haaie ge­kies sou word, wat be­te­ken daar­die wed­stryd moet in ge­dag­te ge­hou word.

Hy sal ook nie vir die S­tor­mers se wed­stryd teen die Sun­wol­ves ge­kies kan word nie,” het Hamp­ton ge­sê.

Hy het Zas se vroeë skuld­er­ken­ning, jeug­dig­heid en be­rou as ver­sag­ten­de om­stan­dig­he­de in ag ge­neem.

F­leck het et­li­ke op­sies om Zas te ver­vang, hoe­wel dit daar­op kan neer­kom dat hy nie ’n spe­si­a­lis-vleu­el kies nie.

John­ny Kot­ze, wat as bui­te­sen­ter ge­pos is vir die wed­stryd teen die Wa­ra­tahs, is ’n sterk aan­spraak­ma­ker om­dat die S­tor­mers hom ver­le­de jaar nood­ge­dwon­ge as vleu­el in­ge­span het.

K­ha­nyo Ng­cu­ka­na, wat in 2015 saam met Zas vir die SA o.20-span ge­speel het, is ’n spe­si­a­lis-vleu­el wat baie be­lof­te toon. F­leck kan ook kyk na jong man­ne soos EW Vil­joen en Grant Her­ma­nus. Vil­joen sal na ver­wag­ting van­dees­week te­rug­keer van ’n be­se­ring.

’n In­te­res­san­te op­sie kan wees om Da­mi­an de Al­len­de van bin­ne­sen­ter af te skuif om Huw Jo­nes in die be­gin­span te kry. De Al­len­de word as Suid-A­fri­ka se voor­ste bin­ne­sen­ter ge­re­ken, maar suk­kel met sy fiks­heid.

Sy ver­de­di­ging was nie waf­fers in die S­tor­mers se laas­te twee wed­stry­de nie.

Ter­self­der­tyd kan F­leck só ’n skuif as teen­pro­duk­tief be­skou, want die sen­ter- paar van De Al­len­de en Ju­an de Jongh sal een van sy groot­ste ba­tes wees as hul­le eers in ’n hoë rat kom.

Jo­nes kan baie waar­de toe­voeg, maar waar­skyn­lik nie as vleu­el nie.

Die S­tor­mers-skrum­ska­kel Nic Groom gaan aan die ein­de van die sei­soen na Lon­den ver­huis waar hy vir Sa­ra­cens sal speel. Hy het reeds meer as 50 wed­stry­de vir die S­tor­mers ge­speel en ook 59 keer vir die WP.

Fo­to: JA­CO MARAIS

Le­o­lin Zas

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.